Litium-ontginning uit Zimbabwiese petaliet met behulp van ammoniumbifluoried

Lithium extraction from Zimbabwean petalite using ammonium bifluoride

  • K T Mwepu Universiteit van Pretoria
  • S J Lubbe Universiteit van Pretoria
  • P L Crouse Universiteit van Pretoria
Keywords: petaliet, vertering, loog, suiwering, presipitasie, litiumkarbonaat, Bikita Minerals

Abstract

Hierdie studie behels die ontginning van gramhoeveelhede Li2CO3 uit Zimbabwiese petaliet, gemyn in die Bikita-gebied. Ekstraksie is gedoen met behulp van ammoniumbifluoried (ABF), vanaf kamertemperatuur tot 600 °C. ABF-vertering vervang die konvensionele hoëtemperatuurproses vir die omsetting van die mineraal na β-spodumeen voor suurbehandeling. Die ABF-proses vind by verrassende lae temperature plaas – selfs by kamertemperatuur word floddervorming waargeem as gevolg van die water wat tydens die reaksie vorm. Onder die smeltpunt van ABF is die hoofreaksieprodukte LiF, AlF3, K2NaAlF6, en (NH4)2SiF6. (NH4)2SiF6 ontbind geredelik om ammoniak en gasagtige SiF4 te vorm. By laer temperature is die produkte kriolitioniet (Li3Na3Al2F12) and eukriptiet (LiAlSiO4). Die fluoriedhoudende vastestowwe is swak oplosbaar in water. Die mengsel moet met swawelsuur gerooster word, en daarna word die sulfate met water uitgeloog; 99 % suiwer litiumkarbonaat word relatief maklik uit die waterige fase herwin.

Author Biographies

K T Mwepu, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

S J Lubbe, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

P L Crouse, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2021-04-19
How to Cite
Mwepu, K., Lubbe, S., & Crouse, P. (2021). Litium-ontginning uit Zimbabwiese petaliet met behulp van ammoniumbifluoried. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 40(1), 1-11. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/800
Section
Articles

Most read articles by the same author(s)