Distillasie van tetrafluooretileen, heksafluoorpropileen en oktafluoorsiklobutaan by lae temperature
Distillation of tetrafluoroethylene, hexafluoropropylene and octafluorocyclobutane at sub-zero temperatures
Abstract
Politetrafluooretileen (PTFE) is ’n gewilde polimeer wat in verskeie industrieë gebruik word weens die hitte- en chemiese bestendigheid en lae wrywingskoëffisiënt van die materiaal. PTFE het egter ’n baie hoë viskositeit in die gesmelte toestand en kan dus nie met behulp van konvensionele metodes herwin word nie. Gevolglik moet PTFE deur middel van pirolise na sy monomeer afgebreek word om die herwinningsiklus voort te sit.