Toepassings en bioveiligheid van Fe@Cu kern-in-dop nanodeeltjies

Applications and biosafety of the Fe@Cu core-shell nanoparticles

Keywords: Toepassing, Fe@Cu kern-in-dop, nanodeeltjies, erwyderingsdoeltreffendheid, sintese

Abstract

Die afgelope paar jaar is daar groot belangstelling by navorsers vir die verskeidenheid toepassings en interessante eienskappe van kern-in-dop (Eng. Core-shell) nanodeeltjies (CSN’s) in toegepaste velde soos katalise, sensors, materiaalchemie, biologie en watersuiwering. Ons resultate dui aan dat CSN’s in ’n dosis van 0.2 mg/mL die doeltreffendste is vir flokkulasie in afvalwater met ’n flokkulasie-aktiwiteit (FA) van 99% oor ’n wye pH-reeks van 3-11 (suur, neutraal en alkalies). Die termostabiliteit van die vervaardigde nanomateriale (ENM’s) is tussen 60-100 °C in toepassings getoets waar daar nog steeds ’n 96% flokkulasie-aktiwiteit, bevestigend van die termiese stabiliteit van die ENM’s, gevind is. Die toevoeging van ’n katioon soos Ca2+, het die flokkulasie-aktiwiteit tot 99% verbeter. Die hoë verwyderingsdoeltreffendheid (RE) van COD, BOD, totale stikstof en fosfate is waargeneem in alle afvalwater wat ondersoek is. Die RE van kleurstowwe is groter as 93% vir alle kleurstofmonsters wat ge-evalueer is vir flokkulasie. Die ENM’s het antimikrobiese aktiwiteit teen beide Gram-positiewe en Gram-negatiewe mikroorganismes getoon. Die minimum inhiberende konsentrasie (MIC) en die minimum bakteridodende konsentrasie (MBC) is waargeneem teen ’n lae vlak van 1.563 mg/mL. Sellewensvatbaarheidstudies teenoor HEK293 en MCF7 selle was effektief by lae konsentrasies, asook gedurende ’n toename in konsentrasie van ENM’s.

Author Biographies

Dlamini Nkosinathi Goodman, Universiteit van Zoeloeland

Departement Biochemie en Mikrobiologie, Universiteit van Zoeloeland, Suid-Afrika

Basson A Kotze, Universiteit van Zoeloeland

Departement Biochemie en Mikrobiologie, Universiteit van Zoeloeland, Suid-Afrika

Moganavelli Singh, Universiteit van Zoeloeland

Departement Chemie, Universiteit van Zoeloeland, Suid-Afrika

Viswanadha Srirama Rajasekhar Pullabhotla, Universiteit van KwaZulu-Natal

Skool vir Lewenswetenskappe, Universiteit van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika

Published
2020-11-11
How to Cite
Goodman, D., Kotze, B., Singh, M., & Pullabhotla, V. (2020). Toepassings en bioveiligheid van Fe@Cu kern-in-dop nanodeeltjies. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 78-84. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/784
Section
Articles