Trouelose oorsprongverifikasie van elektroniese intellektuele eiendom deur middel van blokskakeltegnologie (“blockchain technology”)
A blockchain application for the trustless provenance verification of electronic intellectual property
Abstract
Komplekse transaksies tussen vreemde partye vind daagliks in die moderne wêreldekonomie plaas. Aangesien die afwesigheid van vertroue ’n struikelblok vir handel is, noodsaak dit meganismes om vertroue tussen partye te bewerkstellig, wat gelei het tot die ontwikkeling van vertrouensinstansies soos banke en versekeringsmaatskappye (Warburg 2016).