Spatial orientation and cognitive load as factors influencing learning amongst blind learners in the Life Sciences

  • Mbulaheni O. Maguvhe
  • Msongelwa J. Gumede
  • William J. Fraser
  • Henoch Schoeman

Abstract

In Suid-Afrika word min navorsing gedoen oor faktore wat kognitiewe belading tydens onderrig en leer be�vloed. Die gebrek rig �n uitdaging tot ons sosiale aanspreeklikheid teenoor leerders met spesiale onderwysbehoeftes aangesien die beginsels van gelykheid en billikheid nie altyd in hierdie spesialiseringsveld nagekom word nie. Hierdie artikel berig oor �n sekond�re analise van die resultate van twee onlangse ondersoeke deur Maguvhe (2005) en Gumede (2010). Die twee ondersoeke het ten doel gehad om te bepaal hoe onderwysers lewenswetenskappe aan blinde leerders en leerders met swak sig onderrig. Die doel met hierdie sekond�re analise was om die oorspronklike resultate verder te analiseer om vas te stel hoe die beginsels van kognitiewe belading, modaliteit en ruimtelike ori�ntering tydens die onderrig van lewenswetenskappe aan blinde leerders en leerders met swak sig verreken word. Die sekond�re analise bevestig dat blinde leerders selde aan ondersoeke, eksperimente en aktiwiteite deelneem. Wanneer dit wel gebeur, is sulke interaksies basies, element�r en bevestigend. Omdat die onderrig hoofsaaklik narratief van aard is, verhoog die moontlikheid dat kognitiewe belading die ouditiewe funksies, in die afwesigheid van visuele en taktiele stimuli, sal laat afneem. Taktiele stimulering is in �n groot mate afhanklik van faktore soos gespesialiseerde hulpbronne, goedopgeleide onderwysers, Braille-geletterde onderwysers, lesers en skrywers en �n goeie begrip van hoe �n holistiese metodologie die taktiele sintuie van blinde en visueelgestremde leerders mag optimaliseer.

Author Biographies

Msongelwa J. Gumede
Educational specialist
William J. Fraser
Faculty of Education
Published
2012-11-28
How to Cite
Maguvhe, M., Gumede, M., Fraser, W., & Schoeman, H. (2012). Spatial orientation and cognitive load as factors influencing learning amongst blind learners in the Life Sciences. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 31(1), 10 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v31i1.384
Section
Original Research: Social Responsibility and Education