ChatGPT-3.5 kan kort Afrikaanse gedigte skep en verdedig: Implikasies vir die praktyk

ChatGPT-3.5 can create and justify short Afrikaans poems: Implications for practice

  • C J Van Staden Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Afrikaans, kunsmatige intelligensie, ChatGPT, digkuns, digsoorte, kreatiewe skryfwerk, literêre tekste, outeurspoëtiek

Abstract

ChatGPT-3.5 kan dig, maar die implikasies daarvan is nog nie voldoende ondersoek nie. Die doel met hierdie verkennende gevallestudie was om te bepaal in hoe ’n mate ChatGPT in Afrikaans kan dig en die gedigte ook kan regverdig (outeurspoëtiek). Aangesien die eerste gesprek getoon het dat dit verskeie soorte gedigte kon dig, is die ondersoek verfyn om slegs tien kort digsoorte in te sluit. ChatGPT kon al tien kort digsoorte skep, maar slegs 60% het aan al die vereistes voldoen. Dit kon nie gelei word sodat die res van die gedigte (40%) aan al die vereistes voldoen nie. ChatGPT kon sy eie digkuns regverdig, maar het ook gehallusineer, of feite opgemaak. Indien foute uitgewys is, het dit nuwe gedigte, wat ook nie aan die vereistes voldoen het nie, geskep en probeer regverdig dat dit korrek is. Hierdie bevindinge het belangrike implikasies vir die praktyk, aangesien verskeie faktore die opneem van hierdie KI-digter vir etiese en onetiese doeleindes kan bevorder. Die artikel word afgesluit met ’n aantal strategieë om etiese gebruik van ChatGPT in opvoedkundige kontekste te bevorder.

Author Biography

C J Van Staden, Universiteit van die Vrystaat

Departement Rekenaarwetenskap en Informatika, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2024-05-14
How to Cite
Van Staden, C. (2024). ChatGPT-3.5 kan kort Afrikaanse gedigte skep en verdedig: Implikasies vir die praktyk. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 43(1), 54-68. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/973
Section
Oorspronklike Navorsing