’n Festschrift ter ere van die wetenskaplike bydrae van prof Esté (HH) Vorster tot die studieveld van Voeding

  • C Taljaard-Krugell Noordwes-Universiteit
  • I Jacobs Noordwes-Universiteit

Abstract

Wyle prof Esté (HH) Vorster (11 Januarie 1942–23 Junie 2020) was ’n wêreldbekende Suid-Afrikaanse voedingkundige. Tydens ’n akademiese loopbaan van meer as 45 jaar ontwikkel sy die vakgebied Voeding tot ’n multidissiplinêre domein met die slagspreuk van molekules tot die samelewing. Hierdie Festschrift poog om die diepte, omvang en impak van haar wetenskaplike bydrae tot die veld saam te vat deur 185 artikels te ontleed. Die bibliometriese resultate getuig van die toonaangewende navorsingsbydrae en baanbrekerswerk wat Vorster tydens haar loopbaan tot Voeding bygedra het.

Author Biographies

C Taljaard-Krugell, Noordwes-Universiteit

Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

I Jacobs, Noordwes-Universiteit

Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Published
2024-05-14
How to Cite
Taljaard-Krugell, C., & Jacobs, I. (2024). ’n Festschrift ter ere van die wetenskaplike bydrae van prof Esté (HH) Vorster tot die studieveld van Voeding. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 43(1), 1-13. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/966
Section
Festschrift