Opwekking van energie deur elektrostatiese induksielaai van kapasitore

Generation of electricity via electrostatic induction charging of capacitors

  • J H Jooste Akademia
Keywords: energie, opwekking, elektrostatiese induksielaai

Abstract

Energiebeskikbaarheid is tans ’n wêreldwye probleem, terwyl die opwekking en gebruik daarvan beduidend tot besoedeling en klimaatverwarming bydra. Nuwe energieopwekkingsmetodes wat veral groter beskikbaarheid bied, minder besoedeling veroorsaak en slegs ’n geringe bydrae tot klimaatverandering lewer, is nou van kritieke belang. Hierdie artikel bespreek ’n gedagteeksperiment rondom energie-opwekking deur die elektrostatiese induksielaai van kapasitore. Resultate toon dat hierdie metode moontlik die problematiek van bestaande opwekkingsmetodes die hoof kan bied.

Author Biography

J H Jooste, Akademia

Akademia, Suid-Afrika

Published
2022-03-30
How to Cite
Jooste, J. (2022). Opwekking van energie deur elektrostatiese induksielaai van kapasitore. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 22-26. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/865
Section
Navorsingsbrief