Moderne tegnologieë wat gebruik word om suurmyndreinering te behandel deur gebruik te maak van ’n polimeergebaseerde adsorbeermiddel (chitosaan en natuurlike vesels)

Modern technologies used to treat acid mine drainage using a polymer-based adsorbent (chitosan and natural fibres)

  • T Makondo Tshwane-Universiteit van Tegnologie
  • G S Perry Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing
  • E R Sadiku Tshwane-Universiteit van Tegnologie http://orcid.org/0000-0002-8504-1041
Keywords: suurmyndreinering (SMD), polimeer, adsorbeermiddel, swaarmetale, sulfate

Abstract

Die behandeling van suurmyndreinering (SMD) en die verwydering van swaarmetale en sulfate bly steeds ’n uitdaging vir die samelewing. Die rede hiervoor is omdat dit ’n ernstige en lewensgevaarlike probleem is wat wêreldwyd voorkom waar sulfiedgesteentes aan water en suurstof blootgestel word. Navorsers het bevind dat die doeltreffendste metode om SMD te behandel die gebruik is van bioafbreekbare adsorberende membrane, gemaak van chitosaan en natuurlike vesels, of chitosaan en natuurlik voorkomende minerale, bv. titaandioksied. In hierdie verslag word ’n oorsig gedoen van die doeltreffendste behandelings vir afvalwater (suurmyndreinering) wat van adsorberende membrane gebruik maak. Hierdie oorsig kyk na die koste van die installering van adsorberende membrane en tref ’n vergelyking met tradisionele behandelingstegnologieë wat  in die behandeling van SMD gebruik word. Polimeergebaseerde adsorbeermiddels word vergelyk met die tradisionele behandelingstegnologieë wat by die behandeling van SMD gebruik word, en daar word ’n oorsig gedoen van die gebruik van polimeergebaseerde materiale as gevorderde materiale vir swaarmetaalverwydering en SMD-behandeling. Die effek wat hierdie nuwe tegnologie op die omgewing en mense het, word ook ondersoek.

Author Biographies

T Makondo, Tshwane-Universiteit van Tegnologie

Instituut vir Nano-ingenieurswesenavorsing (INIR), Departement Chemiese, Metallurgiese en Materiaalingenieurswese (Polimeerafdeling), Tshwane-Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

G S Perry, Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing

Sentrum vir Nanostrukture en Gevorderde Materiale, DWT-WNNR-Nanotegnologie-innovasiesentrum, Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing, Suid-Afrika

E R Sadiku, Tshwane-Universiteit van Tegnologie

Instituut vir Nano-ingenieurswesenavorsing (INIR), Departement Chemiese, Metallurgiese en Materiaalingenieurswese (Polimeerafdeling), Tshwane-Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

Published
2022-03-29
How to Cite
Makondo, T., Perry, G., & Sadiku, E. (2022). Moderne tegnologieë wat gebruik word om suurmyndreinering te behandel deur gebruik te maak van ’n polimeergebaseerde adsorbeermiddel (chitosaan en natuurlike vesels). Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 27-32. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/849
Section
Oorspronklike Navorsing