Eierattribute en broeilingmassa as voorspellers van broeilinggroei op ’n Nylkrokodilplaas (Crocodylus niloticus-plaas)

Egg attributes and hatchling mass as predictors of hatchling growth on a Nile crocodile (Crocodylus niloticus) farm

  • Johan Oliviette Nöthling Universiteit van Pretoria https://orcid.org/0000-0001-5670-0960
  • Riaan Crafford Universiteit van Pretoria
  • Jaco Theron Universiteit van Pretoria
  • Johan A Nöthling Universiteit van Pretoria
Keywords: krokodil, eier, broeiling, groei

Abstract

Nylkrokodilbroeilinge (Crocodylus niloticus-broeilinge) wat vinniger groei op plase kan vroeër geslag word vir hulle velle, wat koste verminder en plaasdoeltreffendheid verhoog. Die projek se doel was om die nut van verskeie eierattribute (lengte, wydte, volume, massa en digtheid) as voorspellers van broeilingmassa (BMbegin) vir 269 eiers van 15 broeisels te bepaal, en om hierdie eierattribute, BMbegin en eierproduktiwiteit as voorspellers van die massa van die broeilinge 68–75 dae ná uitbroeiing (BMeinde) te beoordeel. Broeilinge swaarder as 61,5 g is individueel gemerk en volgens BMbegin aan vyf hokke toegewys, totdat die BMeinde van 129 broeilinge bepaal is. Sterk, betekenisvolle, positiewe, lineêre verbande bestaan tussen BMbegin en al die eierattribute behalwe eierdigtheid, waar die verband sterk en negatief was (P < 0,001). BMeinde het baie tussen en binne broeisels gevarieer. Dit is die beste versoenbaar met die data dat BMbegin (P = 0,08) en eierproduktiwiteit (P = 0,02) betekenisvolle negatiewe verbande met BMeinde het wanneer al vyf hokke by die model ingesluit is. Vir hokke wat afsonderlik beoordeel is, was die rigting van die verband tussen BMbegin en BMeinde negatief vir drie hokke en neutraal vir twee. Die rigting van die verband tussen eierproduktiwiteit en BMeinde was negatief vir vier hokke en positief vir een. Die modelle wat elk slegs een voorspeller en hok as koveranderlike ingesluit het, verklaar 8–14% van die variansie in BMeinde, wat aandui dat ander faktore as dié wat bestudeer is groei grootliks beïnvloed.

Author Biographies

Johan Oliviette Nöthling, Universiteit van Pretoria

Departement van Produksiedierstudies, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Riaan Crafford, Universiteit van Pretoria

Departement van Produksiedierstudies, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Jaco Theron, Universiteit van Pretoria

Departement van Produksiedierstudies, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Johan A Nöthling, Universiteit van Pretoria

Departement Fisika, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2021-12-10
How to Cite
Nöthling, J., Crafford, R., Theron, J., & Nöthling, J. (2021). Eierattribute en broeilingmassa as voorspellers van broeilinggroei op ’n Nylkrokodilplaas (Crocodylus niloticus-plaas). Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 40(1), 162-175. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/846
Section
Articles