Sintese van Guerbet-tipe surfaktante en die bepaling van hulle toepassings
Synthesis of Guerbet-type surfactants and the determination of their applications
Abstract
Die Suid-Afrikaanse petrochemiese industrie het sedert die 1950’s voortdurend gegroei. Hierdie volgehoue groei het tot verskeie navorsingsgeleenthede in die velde van organiese en katalitiese chemie gelei. ’n Voorbeeld van die navorsingsgeleenthede is om α-olefiene, ’n byproduk van die Fischer-Tropsch-proses, na meer bruikbare produkte om te skakel. Verskeie verbruikersgoedere naamlik smeermiddels, reinigingsmiddels, plastieke en verwante kunsstowwe asook surfaktante kan met omskakelingsreaksies gesintetiseer word. Sasol vervaardig hierdie α-olefiene jaarliks in tonnemaatskaal. Dit word hoofsaaklik by diesel gevoeg. Dus bestaan daar ’n geleentheid om die α-olefiene na hoëwaardesurfaktante om te skakel. Alhoewel medium- en langketting-olefiene reeds as surfaktantvoorlopers beskikbaar is, bestaan daar ’n leemte in die mark om kortketting-olefi ene as surfaktantvoorlopers te benut.