Die isolasie en identifisering van Penicillium spp. met potensiële fosfaatoplossingsaktiwiteit in landbou-omgewings
Isolation and identification of Penicillium spp. with potential phosphate solubilistion activity from agricultural environments
Abstract
Hierdie projek fokus op die isolasie en identifi sering van spesies van Penicillium in landbouomgewings. Spesies in die genus Penicillium is van groot sosio-ekonomiese belang en speel ’n belangrike rol in verskeie aspekte van die mens. Die antibiotikum penisillien is moontlik die bekendste toepassing van hierdie groep. Die impak van hierdie organismes is nie net beperk tot antibiotikumproduksie nie, en die rol van hierdie spesies, in beide die omgewing en in menslike aktiwiteite kan nie oorbeklemtoon word nie.