Modellering van nukleofiliese aromatiese substitusiereaksies in kinoksalien-verwante sisteme

Modelling of nucleophilic aromatic substitution reactions in Quinoxaline derivative systems

  • Hendrik J Van der Poll Universiteit van Pretoria
  • I Cukrowski Universiteit van Pretoria
Keywords: modellering, nukleofiliese aromatiese substitusiereaksies, Quinoxaline-verwante sisteme

Abstract

Kinoksalienmolekules en hul verwante sisteme het onlangs groot aftrek in die mediese wetenskappe begin kry, spesifiek vir hul gebruik in Farmakologie. Dus is daar groot nut in die uitbreiding van huidige gebruikte sintetiese roetes. Die huidige gebruikte roetes laat veel te wense oor, aangesien hulle lae opbrengste lewer en in die meeste gevalle as “nie-werkende” sintetiese roetes beskou word. Hierdie studie beskou hierdie reaksies en hul meganismes op sowel fundamentele, berekende, as kwantummeganiese vlak. Guassian© 09 en 16 sagteware is gebruik om die modellering te doen. Tans is daar nog geen rekenaarmodellering van hierdie tipe sisteme gedoen nie, dus is ’n groot veld beskikbaar wat ondersoek kan word.

Author Biographies

Hendrik J Van der Poll, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid Afrika

I Cukrowski, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid Afrika

Published
2021-02-23
How to Cite
Van der Poll, H., & Cukrowski, I. (2021). Modellering van nukleofiliese aromatiese substitusiereaksies in kinoksalien-verwante sisteme. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 134. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/831
Section
Referaatopsommings