Gelyktydige evaluasie van katalisators op miniatuurskaal
Simultaneous evaluation of catalysts on a miniature scale
Abstract
Katalisators kan byna oral in die natuur gevind word en speel ’n baie belangrike rol in lewende selle, asook vir mensgemaakte ingenieurswese toepassings. Katalisators word byvoorbeeld in motoruitlaatpype, die kosbedryf, vir die sintese van medisyne en brandstowwe en vir lugen watersuiweringsisteme gebruik. Katalisators bestaan uit komplekse metaal en organiese molekules, en as gevolg van die kompleksiteit is dit amper onmoontlik om ’n katalisator se aktiwiteit te voorspel. Dit maak die sintese van katalisators ook moeilik. Daarom is die ontwikkelingsproses van nuwe katalisators ingewikkeld en kan dit jare neem om nuwe katalisators te ontdek.