Vindingryke silwernitraat-impregneringstegniek vir varswater trigodina-taksonomie
Novel silver nitrate impregnation techniques for freshwater trichodinid taxonomy
Abstract
Trigodinas (Ciliophora: Peritricha) is eensellige, gesilieerde simbionte wat altyd met meersellige akwatiese gashere geassosieer word. Die spesifieke simbiotiese verhouding waarin trigodinas met hul gashere verkeer is nog ’n enigma, met sekere kenners wat hulle as patogene in akwakultuurboerderye bestempel en ander wat hulle as kommensialiste, en in uiterste gevalle selfs as mutualiste, sien.