Die invloed van landboupraktyke op grondlewende mesofauna van geselekteerde agro-ekosisteme in die Vrystaat, Suid-Afrika

Influences of agricultural practices on soil mesofauna of selected agroecosystems in the Free State, South Africa

  • Hannelene Badenhorst Universiteit van die Vrystaat
  • C R Haddad Universiteit van die Vrystaat
  • C Janion-Scheepers Universiteit van Kaapstad
  • S vdM Louw Universiteit van die Vrystaat
Keywords: landboupraktyke, grondlewende mesofauna, invloed, geselekteerde agro-ekosisteme

Abstract

Grond is ’n komplekse medium wat uit beide biotiese en abiotiese komponente saamgestel is. Die biotiese komponent, wat ook na verwys word as die aktiewe rolspelers in die grond, is vir die lewering van voordelige ekosisteemdienste verantwoordelik, maar sluit ook skadelike organismes in. Die voorkoms van hierdie organismes word hoofsaaklik deur abiotiese faktore beïnvloed wat as fi ltreringsmeganismes dien, en dus vir die voorkoms van geselekteerde spesies in spesifi eke gebiede verantwoordelik is. Met verwysing na die groeiende menslike bevolking, kan hierdie dienste as voordeel aangewend word deurdat dit oesopbrengste met minimale insetkostes kan verhoog sonder om die grond uit te buit. Baie boere is in die proses om hul boerderymetodes aan te pas na ’n meer volhoubare stelsel, met bewaring en herlewing as uitgangspunte. Dit is slegs moontlik indien versteuring in grondstrukture geminimaliseer word en voedselbrondiversiteit toeneem, wat ’n hoër grondgemeenskapkompleksiteit tot gevolg het en dus veerkragtigheid van grondgemeenskappe verseker. Chemiese en meganiese versteurings verlaag die kompleksiteit van grondgemeenskappe, wat daartoe lei dat voordelige ekosisteemdienste ingekort word. Hierdie studie fokus op die fl uktuasies in diversiteit van geselekteerde rolspelers binne die grondmedium aan die hand van die teenwoordigheid van sekere landboupraktyke en omgewingsveranderlikes.

Author Biographies

Hannelene Badenhorst, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

C R Haddad, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

C Janion-Scheepers, Universiteit van Kaapstad

Department Biologiese Wetenskappe, Universiteit van Kaapstad, Suid-Afrika

S vdM Louw, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2021-02-19
How to Cite
Badenhorst, H., Haddad, C., Janion-Scheepers, C., & Louw, S. (2021). Die invloed van landboupraktyke op grondlewende mesofauna van geselekteerde agro-ekosisteme in die Vrystaat, Suid-Afrika. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 116. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/809
Section
Referaatopsommings