Assessering van die onkruidspektrum en assosiasies daarvan met onderdrukkende verbouingstrategieë op George

Assessment of the weed spectrum and its associations with suppressive cultivation strategies on George:

Keywords: bossiekap, deklaagbewerking, deklaagimplement, geen-bewerking, onkruidonderdrukking

Abstract

Onkruide is een van die grootste produksie-knelpunte in gewasverbouing en kan oesopbrengs op grond van spesiesamestelling en digtheid beïnvloed. ’n Veldproef is van stapel gestuur om die samestelling van die onkruidspektrum te beoordeel en omgewingsvriendelike praktyke wat onkruide onderdruk, te evalueer. Die hoofdoel van hierdie studie was, eerstens, om die spesies-samestelling van die onkruidspektrum te bepaal sodat die bestaande oorvloedigheidsindeks bereken kon word, en tweedens, om assosiasies van die onkruidspektrum na behandeling met onderdrukkende verbouingstrategieë te bepaal. Onkruide is by elke bemonsteringspunt geïdentifiseer en die aantal individuele plante afsonderlik aangeteken. Hoofkomponent Analise is gebruik om aan te toon hoe behandelings in verband staan tot die onkruidspektrum. Onkruidspesies behorende aan 19 plantfamilies, is geïdentifiseer. Wintergras (Poa annua) was die volopste winteronkruid met ’n indekswaarde van 34.9. Geeluintjies (Cyperus esculentus) was die volopste someronkruid met ’n indekswaarde van 74.8. As someronkruid het knopkruid (Galinsoga parviflora) sterk assosiasies met sommige behandelings getoon. Verskeie behandelings het doeltreffende onderdrukking tot gevolg gehad waarmee geen winteronkruide assosiasies kon vorm nie. Hardnekkige en skadelike onkruidspesies kan deur nie-chemiese strategieë bestuur word deur die integrering van geen-bewerking, verbouing van smoorgewasse met ’n peulgewaskomponent, platsny van gewasse, en laasgenoemde op te volg deur fynkap van biomassa met ’n deklaagimplement. In die konteks van plaaslike toestande kan dit meer wenslike (lae kompeterende) onkruidspesies bevorder wat sodoende skadelike (hoog kompeterende) onkruidsoorte onderdruk.

Author Biographies

Michael Ignatius Ferreira, Wes-Kaapse Departement van Landbou

Direktoraat Plantwetenskappe, Hoofdirektoraat: Navorsing en Tegnologie-ontwikkeling, Wes-Kaapse Departement van Landbou, Suid-Afrika

Marieta van der Rijst, Landbounavorsingsraad

Biometrie Eenheid, Landbounavorsingsraad, Suid-Afrika

Published
2021-06-28
How to Cite
Ferreira, M., & van der Rijst, M. (2021). Assessering van die onkruidspektrum en assosiasies daarvan met onderdrukkende verbouingstrategieë op George. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 40(1), 20-30. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/806
Section
Articles