Heuningbos (Cyclopia spp.) volwasse embrioweefselkultuur en die effek van peulposisie op saadkleur

Honeybush (Cyclopia spp.) mature embryo culture and the influence of pod position on seed colour

  • Jenifer Koen Landbounavorsingsraad
  • Martha M Slabbert Tshwane Universiteit van Tegnologie
  • Mardé Booyse Landbounavorsingsraad
  • Cecilia Bester Landbounavorsingsraad
Keywords: embrioweefselkultuur, in vitro, kouebehandeling, saaddimorfisme, saaddormansie

Abstract

Plante (verskillende genotipes) van Cyclopia spesies word gebruik om Suid-Afrikaanse heuningbostee (’n kruietee produk) te produseer en word tans deur teling vir grootskaalse verbouing verbeter. Saaddimorfisme en dormansie beïnvloed egter die ontkiemingspersentasie negatief. Deur gebruik te maak van volwasse embrioweefselkulture is studies om die ontkiemingspersentasie van saad te verhoog op C. longifolia, C. maculata en C. subternata gedoen. Die effek van stratifikasie op saadontkieming deur geen of ’n kouebehandeling toe te pas, is ook ondersoek. Volwasse embrios is hierna uit sade verwyder en vir ’n 24-uur fotoperiode by 25°C ± 1°C op weefselkultuur gekweek. Die kweek van volwasse embrios deur middel van weefselkulture was suksesvol en het deurlopend meer plante vergeleke met konvensionele saaimetode gelewer. Studies om die effek wat saadpeulposisie van die moederplant op saadkleur het, is ook gedoen. Volwasse heuningbospeule is vanaf die boonste, middelste en onderste-derdes van die blaarbedekte deel van die heuningbosplante versamel om die aantal groen/intermediêre/bruin sade wat by elke gedeelte geproduseer is, te bepaal. Die verhouding van saaddimorfisme wat by elke gedeelte geproduseer word, kon egter nie deur peulposisie voorspel word nie.

Author Biographies

Jenifer Koen, Landbounavorsingsraad

Landbounavorsingsraad, Infruitec-Nietvoorbij end Departement van Tuinbou, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

Martha M Slabbert, Tshwane Universiteit van Tegnologie

Departement van Tuinbou, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

Mardé Booyse, Landbounavorsingsraad

Landbounavorsingsraad, Biometrie, Suid-Afrika

Cecilia Bester, Landbounavorsingsraad

Landbounavorsingsraad, Infruitec-Nietvoorbij, Suid-Afrika

Published
2021-08-19
How to Cite
Koen, J., Slabbert, M., Booyse, M., & Bester, C. (2021). Heuningbos (Cyclopia spp.) volwasse embrioweefselkultuur en die effek van peulposisie op saadkleur. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 40(1), 50-58. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/798
Section
Articles