Die anatomie en histochemie van Grewia lasiocarpa E. Mey. ex Harv. (Malvaceae)
The anatomy and histochemistry of Grewia lasiocarpa E. Mey. ex Harv. (Malvaceae)
Abstract
Grewia lasiocarpa E. Mey. ex Harv. staan in die algemeen bekend as bosrosyntjie vanweë sy eetbare, rooi-bruin, 4-lobbige vrugte, wat swart word soos hulle verouder. Die genus Grewia word maklik herken aan hul uitsonderlike morfologie (eetbare vrugte, kristalle, trigome) en oorvloedige medisinale kenmerke (antimikrobies, anti-inflammatories, anti-oksidant). Om hierdie spesie van die ander Grewia-spesies te onderskei, is met die studie beoog om die morfologie, ultrastruktuur van die blare, stingelbas en sekresie-strukture van G. lasiocarpa te beskryf aan die hand van mikroskopiese tegnieke en histochemiese toetse. Die morfologiese en anatomiese studies het die teenwoordigheid van klieragtige trigome getoon. Een tipe skildvormig, drie tipes knobbelvormig en nie-klieragtige (enkelvoudig, stervormig en veelkantig-stervormig) trigome kom op die blare en stingelbas van G. lasiocarpa voor. Die histochemiese ondersoek het getoon sekere primêre en sekondêre metaboliete soos stysel, proteïene, slym, lignien (polifenole) en alkaloïede kom in die blare, stingelbas en haarkleed voor. Hierdie is die eerste verslag oor die studie van die morfologie, ultrastruktuur en histochemie van die blare en stingelbas van Grewia lasiocarpa. Die kenmerke van die blare en stingelbas sal geskik wees om hierdie spesie van die ander in hierdie genus te onderskei, sy outentisiteit te bevestig en by te dra tot die farmakognosiese gebruike en algemene kennis.