Instagram volksonomie as komplekse netwerke

Instagram folksonomy as complex networks

  • Burgert A Senekal Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Instagram, sosiale media, volksonomie, hutsmerke, komplekse netwerke, kleinwêreldsheid, inligtingsklassifikasie

Abstract

Sosiale media is deel van die inligtingsontploffing en verteenwoordig groot hoeveelhede ongestruktureerde data wat deurlopend gegenereer word. Een van die maniere hoe hierdie inligting vir latere herwinning ontsluit word, is deur hutsmerke wat gebruikers self aan hul inhoud toeken. Die gebruik om self materiaal te ontsluit staan as volksonomie bekend, wat die onderwerp van hierdie studie is.

Die huidige studie ontleed die hutsmerknetwerke van 20 Suid-Afrikaanse maatskappye op Instagram. ’n Hutsmerk- of volksonomienetwerk word saamgestel deur hutsmerke as nodusse voor te stel en ’n skakel tussen hutsmerke aan te dui indien hulle in dieselfde plasing voorkom. Komplekse netwerkstatistieke word vir hierdie netwerke bereken, insluitend die gemiddelde digtheid, gemiddelde pad en gemiddelde oorganklikheid van hierdie netwerke, en hulle word met mekaar vergelyk. Daar word aangetoon dat hierdie netwerke oorwegend kleinwêreldnetwerke is wat gekenmerk word deur ’n kort gemiddelde pad wat soortgelyk is aan ’n Erdös en Rényi lukrake netwerk (ER-netwerk), maar dat oorganklikheid aansienlik hoër is as vir ekwivalente ER-netwerke. Daar word ook aangetoon dat vir 90% van hierdie netwerke, kleinwêreldsheid (S) > 3 is, wat beteken dat hierdie netwerke ook kleinwêreldnetwerke is volgens die kleinwêreldsheidsindeks.

Author Biography

Burgert A Senekal, Universiteit van die Vrystaat

Eenheid vir Taalfasilitering en Bemagtiging, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2020-10-26
How to Cite
Senekal, B. (2020). Instagram volksonomie as komplekse netwerke. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 61-67. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/792
Section
Articles