Vergelyking van die parasietgemeenskapsamestelling van Xenopus laevis (Anura: Pipidae) tussen gasheerbevolkings regoor die wêreld
Comparison of the parasite communities of Xenopus laevis (Anura: Pipidae) across its global distribution
Abstract
Tydens die Antroposeen neem party spesies se bevolkingsgetalle dramaties af, terwyl ander spesies ongekende uitbreiding beleef. Die gewone platanna, Xenopus laevis (Anura: Pipidae), en sy parasiete bied ’n ideale model om die lot van suksesvolle indringerspesies te bestudeer.