Liggingsaspekte van spoorvervoereindpunte wat die winsgewendheid van goederespoordienste ondersteun

Locational aspects of rail transport terminals that support the profitable supply of freight rail services

Keywords: liggingsaspekte, spoorvervoereindpunte, winsgewendheid, goederespoordienste

Abstract

Hierdie artikel bied ’n oorsig van liggingsaspekte van spoorvervoereindpunte wat die lewering van winsgewende goederespoordienste kan ondersteun. Aangesien spoorvervoer tot vaste roetes beperk is en ’n stasie-tot-stasie-diens eerder as ’n diens van perseel tot perseel lewer, is die plasing van spoorvervoereindpunte en die uitleg van die spoornetwerk van deurslaggewende belang vir die suksesvolle bedryf van goederespoorvervoerdienste. Liggingsaspekte van losmaat-, grootmaat-, opry-afry- en intermodale eindpunte word bespreek. Die artikel beskou die invloed wat die veranderde rol van spoorvervoer sedert die ekonomiese deregulering van goederevervoer op die ligging van spoorvervoereindpunte het, aan die hand van die drie mees bepalende faktore daarvan. Hierdie faktore is: (1) die verkeer se oorsprong- en bestemmingsplekke, (2) die verkeersomvang en (3) die aard van die eindpuntaktiwiteite. Ten slotte word die uitwerking van die uitleg van die spoornetwerk op die toeganklikheid van spoorvervoereindpunte oorsigtelik bespreek.

Author Biography

Wessel J Pienaar, Universiteit Stellenbosch

Departement Bedryfsingenieurswese, Universiteit Stellenbosch, Suid-Africa

Published
2020-04-03
How to Cite
Pienaar, W. (2020). Liggingsaspekte van spoorvervoereindpunte wat die winsgewendheid van goederespoordienste ondersteun. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 7-13. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/744
Section
Articles