Suid-Afrikaanse aandelemarkontwikkeling: Die impak van globalisme en nasionalisme
South African stock market development: The impact of globalism and nationalism
Abstract
Hierdie navorsing ondersoek die faktore wat die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse aandelemark (die Johannesburgse Aandelebeurs, JSE) aandryf, ten einde te bepaal of JSE-ontwikkeling oorwegend deur internasionale (globale) of plaaslike (nasionale) faktore aangedryf word. Vir hierdie doel word die ARDL grenstoets (“bounds test”) gebruik as empiriese raamwerk waarbinne die rol van verskeie makro-ekonomiese veranderlikes, geklassifi seer as òf plaaslik òf internasionaal, in die ontwikkeling van die JSE – soos benader deur die markkapitalisasiekoers – ondersoek word. Die navorsingsbevinding is dat plaaslike ekonomiese groei, banksektorontwikkeling en rentekoerse, asook die wisselkoers en handelsoopheid die vernaamste langtermyndrywers van JSE-ontwikkeling is. Dus speel sowel plaaslike as internasionale faktore ’n beduidende rol in die ontwikkeling van die JSE.