Die gebruik van funksionele metagenomika om onbekende gene te identifiseer
The use of metagenomics for the identification of novel genes
Abstract
Funksionele metagenomika is ’n tegniek waartydens alle genetiese materiaal vanuit ’n omgewingsmonster versamel word en daarna in die vorm van ’n metagenomiese biblioteek gestoor word. So ’n metagenomiese biblioteek word dan blootgestel aan uiters spesifieke aktiwiteitstoetse om sodoende ’n verskeidenheid aktiwiteite te identifi seer. Die aktiwiteitstoetse analiseer aktiwiteit op spesifi eke substrate wat sodoende onbekende funksies van gene aandui. Na funksionele identifi kasie van ’n metagenomiese kloon kan ’n geen/gene geïdentifiseer word deur die genetiese materiaal te ondersoek.