Bedreig antropogeniese omgewingsveranderinge grondbiodiversiteit?

  • Adriaan J. Reinecke Stellenbosch Universiteit
  • Sophia A Reinecke Stellenbosch Universiteit

Abstract

Grond is ’n diensverskaffende bate wat onder toenemende druk verkeer maar is ook die tuiste van ‘n menigte grondlewende spesies wat bykans alle terrestriële dierfilums insluit. Die uitwerking van verandering as gevolg van menslike aktiwiteite op die groot inheemse biodiversiteit in die grond is grootliks onbekend in die meeste dele van die wêreld ten spyte van die feit dat grondorganismes ’n belangrike rol speel in fisiese, chemiese en biologiese prosesse. ’n Literatuursoektog is onderneem wat toon dat baie reeds geskryf is oor die uitwerking van globale omgewingsveranderinge op natuurlike en bestuurde terrestriële ekostelsels, maar minder as 3% van die gepubliseerde vakliteratuur in ekologiese joernale handel oor grondlewende organismes en prosesse. Min hiervan fokus op die drywers van transformasie soos die stygende CO2 vlakke, verwarming, besoedeling, grondgebruike en veranderde reënvalpatrone met betrekking tot die grond se voedingswebbe wat die basis vorm van die mens se voedselproduksie. 

In hierdie oorsig lig ons uit en ondersoek die belangrikste drywers van omgewingsverandering wat ‘n invloed uitoefen op grondekostelsels en ’n bedreiging mag inhou vir grondbiodiversiteit en prosesse Die beskikbare getuienis van veranderinge, hulle oorsake en moontlike implikasies word nagegaan in ’n poging om leemtes en navorsingsbehoeftes te identifiseer.

Getuienis word meer dat die toename in onder andere grondgebruik, verstedeliking, die fisiese en chemiese impak van mynbou en ander industriële aktiwiteite, die grondbewerking van giftige afval en indringing van uitheemse spesies ook die grondomgewing en sy bewoners nadelig raak. Daar is egter baie ruimte vir navorsing omdat kennis van die omvang en aard sowel as die langtermyn gevolge nog nodig is. Baie getuienis is gebaseer op assosiasie eerder as om oorsaaklikheid tussen die veranderinge en die gevolge te bevestig. 

’n Beter begrip van die grondbiodiversiteit se rol is nodig om die omgewingsrisikos wat die veranderinge inhou betroubaar te kan beoordeel sodat doelwitte van volhoubaarheid en bewaring van biodiversiteit kan realiseer.

Author Biographies

Adriaan J. Reinecke, Stellenbosch Universiteit

PrSciNat, MSc, DSc, BProc (PU for CHE), Professor, Department of Botany & Zoology, University of Stellenbosch

Sophia A Reinecke, Stellenbosch Universiteit

Departement of Plant-en Dierkunde, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2018-10-29
How to Cite
Reinecke, A., & Reinecke, S. (2018). Bedreig antropogeniese omgewingsveranderinge grondbiodiversiteit?. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 37(1), 35-46. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/673
Section
Articles