’n Eenvoudige instrument kan gebruik word om finansies na aftrede op ’n rasionele basis te bestuur

  • Jacobus N Eloff Universiteit van Pretoria

Abstract

Met die langer lewensverwagting en verandering van pensioenskemas van maatskappye die afgelope paar jaar word dit al hoe belangriker vir salaristrekkers en pensioenarisse om self verantwoordelikheid te neem vir hulle fi nansiële beplanning voor en na aftrede. 

Sewe faktore speel ‘n rol in die bestuur van pensioenfondse. Die eerste is hoeveel geld beskikbaar is om te belê . Die tweede is hoeveel geld jaarliks benodig word. Die derde is die opbrengs wat jaarliks op die belegging verdien word en die vierde, wat hiermee verband hou, is die jaarlikse infl asiekoers. Die laaste drie faktore is die huidige ouderdom, die voorsiene sterfdatum en laastens hoe lank die geld gaan hou voor dit op is. Deur faktore te kombineer bv die reële groei, die persentasie van fondse wat onttrek word, is die saak vereenvoudig. Die tyd hoe lank die fondse sou hou voor dit uitgeput is onder verskillende scenarios is bereken. ‘n Eenvoudige grafi ek is opgestel waardeur verskeie vrae betreklik maklik beantwoord kan word. Dit sluit vrae in soos hoeveel geld belê moet word om gemaklike aftrede te verseker. Hoe lank die geld gaan hou onder verskillende scenarios. Wat die groeikoers moet wees om te verseker dat my beleggings hou tot ek sterwe. Alhoewel daar nog steeds onsekerhede is, sal hierdie instrument pensionarisse help om goeie besluite te neem oor die rasionele bestuur van aftreefi nansies en kan aanpassings op korter termyn gemaak word.

Author Biography

Jacobus N Eloff, Universiteit van Pretoria

Departement van Landbou en Dieregesondheid, Universiteit van Suid-Afrika

Published
2018-08-04
How to Cite
Eloff, J. (2018). ’n Eenvoudige instrument kan gebruik word om finansies na aftrede op ’n rasionele basis te bestuur. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 37(1), 16-19. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/672
Section
Articles