Die identifisering van fenielbottersuur aromatiese metaboliete in die urien van die blou-aap

The identification of aromatic metabolites of phenylbutyrate in the vervet monkey

  • Wilhelmina J van der Linde Noordwes-Universiteit
  • Lodewyk J Mienie Noordwes-Universiteit
  • Jacobus J Bergh Noordwes-Universiteit
  • Mietha M van der Walt Noordwes-Universiteit
  • Gisella Terre'Blanche Noordwes-Universiteit
Keywords: fenielbottersuur, metaboliete, 3-hidroksifenielbottersuur, blou-aap

Abstract

Fenielbottersuur (PBA) word as ’n behandeling vir ureum sikliese defekte gebruik, as alternatiewe behandeling vir adrenoleukodistrofi e en dit besit ook ’n neurobeskermende effek teen oksidatiewe stres. Bekende metaboliete van fenielbottersuur in die mens en primate is fenielasynsuur en fenielasetielglutamien, terwyl fenielasetielglisien by rotte voorkom. Tans is die metaboliet(e) wat vir fenielbottersuur se toksisiteit verantwoordelik is en die identiteit van ontbrekende metaboliete nog onbekend. Die huidige studie identifi seer en bevestig die teenwoordigheid van metaboliete, wat voorheen in beide die mens en rot se urine gevind is, in die urine van die blou-aap. Hierbenewens is aromatiese metaboliete, wat voorheen onbekend was, in die urine van die blou-aap geïdentifiseer. Hierdie nuwe metaboliete vind moontlik hul ontstaan via mono-oksigenase, dehidro-orotase en as β-oksidasie byprodukte.

Author Biographies

Wilhelmina J van der Linde, Noordwes-Universiteit

Farmaseutiese Chemie,  Skool vir Farmasie, Noordwes-Universiteit

Lodewyk J Mienie, Noordwes-Universiteit

Biochemie, Skool vir Fisiese en Chemiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit

Jacobus J Bergh, Noordwes-Universiteit

Farmaseutiese Chemie, Skool vir Farmasie, Noordwes-Universiteit

Mietha M van der Walt, Noordwes-Universiteit

Sentrum van Uitnemendheid vir Farmaseutiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit

Gisella Terre'Blanche, Noordwes-Universiteit

Farmaseutiese Chemie, Skool vir Farmasie, Noordwes-Universiteit; en Sentrum van Uitnemendheid vir Farmaseutiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit

Published
2018-08-04
How to Cite
van der Linde, W., Mienie, L., Bergh, J., van der Walt, M., & Terre’Blanche, G. (2018). Die identifisering van fenielbottersuur aromatiese metaboliete in die urien van die blou-aap. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 37(1), 10-14. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/671
Section
Articles