Ramsar-vleilande in Suid-Afrika: Historiese en huidige akwatiese navorsing

  • Wynand Malherbe Noordwes Universiteit

Abstract

Vleilande verskaf ’n verskeidenheid van goedere en funksies en dus moet die vleilande wat nog natuurlik is, beskerm word. Die Ramsar-konvensie vir vleilande van internasionale belang is al vanaf 1975 in werking in Suid-Afrika en omtrent ’n half miljoen hektaar word beskerm by 23 lokaliteite. Die konvensie is daar om biodiversiteit te bewaar en veral waadvoëlhabitat te beskerm. in Suid-Afrika is baie van hierdie lokaliteite swak bestuur en min inligting oor die akwatiese biodiversiteit is beskikbaar. Waar daar wel inligting beskikbaar is, is die inligting verouderd en geen nuwer inligting is beskikbaar nie. Om hierdie rede is daar ’n studie geloods om te bepaal watter historiese inligting beskikbaar is vir die Ramsar-lokaliteite en om dan van hierdie gapings in die literatuur aan te vul. Die Ramsar-lokaliteite wat gekies is vir hierdie projek was Kosibaai, Sibaya-meer, Ntsikeninatuurreservaat, Barberspan, De Hoop Vlei, Heuningnesgetyrivier en die Makulekevleilande. Verskeie veldopnames is gedoen by die lokaliteite vanaf 2014 tot 2016 tesame met ’n studie van die beskikbare literatuur. Die resultate van die projek het gelei tot nuwe inligting oor die biodiversiteit en verspreiding van diatome, soöplankton, makroinvertebrate en visgemeenskappe by die verskeie Ramsar-lokaliteite. Hierdie inligting is nou beskikbaar om die inligting wat die Ramsar-konvensie vereis, op te dateer en ook om bestuursplanne aan te pas. Die resultate het getoon dat baie van die gemeenskappe uniek is of unieke eienskappe het, wat maak dat daar gepaste moniteringsprogramme vir elke lokaliteit benodig word.

Author Biography

Wynand Malherbe, Noordwes Universiteit

Water Research Group, Unit for Environmental Science and Management, North-West University

Published
2018-10-30
How to Cite
Malherbe, W. (2018). Ramsar-vleilande in Suid-Afrika: Historiese en huidige akwatiese navorsing. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 37(1), 47-60. Retrieved from http://satnt.co.za/index.php/satnt/article/view/667
Section
Articles