Maths4Stats: Opleiding vir onderwysers

  • Renette J. Blignaut
  • Retha Luus
  • Ronell Lombard
  • Abduraghiem Latief
  • Danelle Kotze
Keywords: Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV), statistiek, skoolwiskunde, Maths4Stats, opvoeding, onderrig en leer

Abstract

Die onvoldoende aard van die onderwys-infrastruktuur in Suid-Afrika het tot swak akademiese prestasie in openbare skole gelei. Probleme binne skole, soos ondergekwalifiseerde onderwysers en swak prestasie deur onderwysers is die resultaat van �n oneffektief gestruktureerde onderwysstelsel in ons land. Die implementering van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) in 2012 in openbare skole in Suid-Afrika het sommige onderwysers benadeel en ontmoedig, aangesien hulle met dele van die KABV-vakinhoud onbekend was. Die Departement van Statistiek- en Bevolkingstudies aan die Universiteit van Wes-Kaapland is in 2012 gevra om aan die Maths4Stats-opleidingsprojek deel te neem. Die projek is deur Statistieke Suid-Afrika geloods in �n poging om onderwysers betreffende die statistiese inhoud van die Wiskunde-kurrikulums vir Grade 10 tot 12 te help oplei. Die span van die Universiteit van Wes-Kaapland wil graag die ondervinding van hul deelname aan die Maths4Stats-opleidingsprojek in die Wes-Kaap met ander deel. Hierdie artikel fokus op die beplanning en uitkomste van hierdie opleidingsessies. Aanvangskennis-resultate het aangedui dat onderwysers nie die onderwerpe wat aangebied sou word, voldoende verstaan nie. In die algemeen het onderwysers se kennis gedurende hierdie sessies verbeter, maar dit is duidelik dat meer opleiding benodig word. Met die kennis wat tydens die eerste WesKaapse Maths4Stats-opleidingsessies ingewin is, word aanbeveel dat soortgelyke ingrepe in die toekoms moet plaasvind om te verseker dat wiskunde-onderwysers goed ingelig en met selfvertroue onderwerpe soos datahantering, waarskynlikheid en regressie-analise kan onderrig.

Author Biographies

Renette J. Blignaut
Department of Statistics and Population Studies, Associate Professor in Statistics
Retha Luus
Dept of Statistics and Population Studies, Lecturer in Statistics
Ronell Lombard
Dept of Statistics and Population Studies, Lecturer in Statistics
Abduraghiem Latief
Dept of Statistics and Population Studies, Lecturer in Statistics
Danelle Kotze
Dept of Statistics and Population Studies. Professor in Statistics
Published
2013-11-01
How to Cite
Blignaut, R., Luus, R., Lombard, R., Latief, A., & Kotze, D. (2013). Maths4Stats: Opleiding vir onderwysers. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 32(1), 7 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v32i1.405
Section
Original Research: Mathematics Education