Die verband tussen voeding en die leesprestasie van graad 4-leerders in Suid-Afrika: Bevindinge van prePIRLS 2011

  • Surette van Staden
Keywords: Educational assessment, prePIRLS 2011, large scale comparative studies

Abstract

Die effek van voeding op leerderprestasie was al die onderwerp van menige studie. Bewyse wat die oorsaaklike verhouding tussen voeding en prestasie staaf, bestaan egter nie. Op nasionale vlak bel� die Departement van Basiese Onderwys tyd, moeite en geldelike hulpbronne in �n Nasionale Skoolvoedingsprogram in �n poging om die gesondheid van SuidAfrika se armste leerders te beskerm en om �n bydrae tot hul opvoeding te maak. Teen hierdie agtergrond ondersoek die huidige studie patrone in die leesgeletterd van graad 4-leerlinge, wat geassosieer word met die response van onderwysers oor leerdervoeding, deur gebruik te maak van die Suid-Afrikaanse data van die Pre-Progress in International Reading Literacy Study (prePIRLS) 2011. Volledige verslae van onderwysers oor die mate waartoe onderrig be?nvloed word deur leerders se gebrek aan basiese voeding word aangebied, terwyl verslae van onderwysers volgens taalgroep ook oorweeg word in �n poging om beter insig te verkry in patrone van prestasie op �n gedisaggregeerde vlak. Resultate vir die huidige studie bevestig bestaande literatuur, naamlik dat �n oorsaaklike verband tussen voeding en leesprestasie nie sonder twyfel vasgestel kan word nie. Nieteenstaande die gebrek aan oorsaaklike bewyse, behoort nasionale skoolvoedingsprogramme egter nie gediskrediteer of gestaak te word nie. Sulke programme kan moontlik juis van waarde wees wanneer realistiese doelwitte gestel word met die oog op verbeterde ondersteuning vir leerders.

Author Biography

Surette van Staden
Department Maths, Science and Technology EducationLecturer
Published
2013-08-30
How to Cite
van Staden, S. (2013). Die verband tussen voeding en die leesprestasie van graad 4-leerders in Suid-Afrika: Bevindinge van prePIRLS 2011. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 32(1), 7 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v32i1.399
Section
Original Research: Food