Hou metaalbesoedeling �n bedreiging in vir die voortbestaan van seesterre in Valsbaai, Suid-Afrika?

  • Adriaan J. Reinecke
  • Sophie A. Reinecke
Keywords: Metale, bio-akkumulasie, mariene besoedeling, seester, Parvulastra. exigua.

Abstract

Verstedeliking en industri�le ontwikkeling rondom Valsbaai, Suid-Afrika, neem toe en kommer het ontstaan oor die uitwerking van besoedelende stowwe op die tussengetydiere soos seesterre. Die oogmerke van die huidige studie was om voorlopige, beskrywende basislyninligting gedurende die verloop van die onderskeie seisoene in 2000�2001 in te samel oor die metaalvlakke in sediment, water en in die liggaam van �n gekose kussingseester naamlik Parvulastra exigua (Lamarck, 1816) wat wydverspreid in die tussengetygebied van Valsbaai voorkom. Konsentrasies van kadmium, koper, lood, nikkel en sink is in die water, sediment en die liggaam van die kussingseester by vyf verskillende lokaliteite bepaal oor �n periode van een jaar. Die monsters is chemies ontleed vir spesifieke metaalvlakke met behulp van atoomabsorpsie-spektrofotometrie. Die hoogste individuele konsentrasies van kadmium (Cd) in seesterre en sediment is by die noordelike kusstreek tussen Strand en Muizenberg gemeet waar die meeste industri�le aktiwiteit voorkom. Groot variasie in konsentrasies van alle metale wat ontleed is, het tussen versamelpunte en tussen seisoene voorgekom. Die gemiddelde konsentrasies in die water en sediment was in enkele gevalle effens ho�r as die vlakke wat deur die Suid-Afrikaanse waterkwalitetisriglyne aanbeveel word, maar steeds benede die perke wat in verskeie ontwikkelde lande gestel word. Dit dui daarop dat die baai tans nog relatief onbesoedeld deur metale is. Huidige omgewingskonsentrasies in sekere dele van Valsbaai kan met verloop van tyd in tussengetydiere akkumuleer tot nadelige vlakke vir die spesies self, maar ook vir hulle predatore. Hierdie studie bied getuienis dat die kussingseesterre in Valsbaai aan verskeie metale blootgestel word, waarvan sommige potensieel gevaarlik is omdat hulle neig om met verloop van tyd in diere te akkumuleer. Risiko-assessering vereis egter bykomende inligting oor die samehang tussen blootstelling en biologiese effekte op sowel sellul�re, organismiese en bevolkingsvlak alvorens ingeligte besluite geneem kan word of die seesterre reeds sodanig bedreig word dat tussenbeide getree moet word.
Published
2013-10-09
How to Cite
Reinecke, A., & Reinecke, S. (2013). Hou metaalbesoedeling �n bedreiging in vir die voortbestaan van seesterre in Valsbaai, Suid-Afrika?. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 32(1), 11 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v32i1.394
Section
Oorspronklike Navorsing