Korttermynbedreigings vir varswater-Mollusca in die Olifantsrivier en enkele sytakke

  • Kenn� N. de Kock
  • Cornelius T. Wolmarans
  • Mathilde Kemp
  • Wietsche Roets
Keywords: Varswater Mollusca, korttermyn bedreigings, Olifantsrivier, Suid-Afrika, Freshwater Mollusca, short-term threats, Olifants River, South Africa

Abstract

Die bewaringstatus van minder as 2% van die ongeveer 7000 molluskspesies bekend w�reldwyd, is tot dusver behoorlik geassesseer. Gevolglik is die algemene vlak van bedreiging vir molluske power gedokumenteer en hoogs waarskynlik onderskat. Varswatermolluske is permanente waterbewoners wat oor beperkte voortbewegingsvermo� beskik en aan �n verskeidenheid van antropogeniese afvalstowwe blootgestel word omdat waterbronne dikwels as stortplek vir �n groot verskeidenheid van nadelige besoedelstowwe gebruik word. Die Olifantsrivier word dikwels as een van die mees getransformeerde riviere in Suider-Afrika beskryf en word toenemend aan uitermate ho� druk onderwerp betreffende natuurlike hulpbronne en die geassosieerde landelike versteurings, asook besoedeling. Omdat min inligting oor die diversiteit van Mollusca in die Olifantsrivier op rekord is, is in die huidige studie vier opnames tydens twee opeenvolgende jare gemaak van die molluske in die Olifantsrivier en geselekteerde sytakke by onderskeidelik drie lokaliteite op die Ho�veld en vier in die Laeveld. Die pH en elektriese geleidingsvermo� van die water is by elk van die lokaliteite bepaal en het gewissel tussen 6.93 en 9.50, en 110 �S en 1336 �S, vir pH en geleidingsvermo� onderskeidelik. �n Totaal van 25 molluskspesies is tydens die vier opnames versamel wat die eksotiese indringerspesies Lymnaea columella, Physa acuta, Aplexa marmorata en Tarebia granifera insluit. Laasgenoemde spesie het verreweg die grootste getal eksemplare in totaal opgelewer, hoofsaaklik by �n lokaliteit wat as grootliks getransformeerd beskryf kan word. Die resultate van hierdie ondersoek kan as basis vir toekomstige opnames dien om die impak van antropogeniese versteurings op die diversiteit van die Mollusca in die Olifantsrivier- en opvanggebied te evalueer.

Author Biographies

Kenn� N. de Kock
Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur, DSc
Cornelius T. Wolmarans
Vakgroep Dierkunde, DSc
Mathilde Kemp
Vakgroep Dierkunde, MSc
Wietsche Roets
Departement van Waterwese, PhD
Published
2013-06-27
How to Cite
de Kock, K., Wolmarans, C., Kemp, M., & Roets, W. (2013). Korttermynbedreigings vir varswater-Mollusca in die Olifantsrivier en enkele sytakke. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 32(1), 6 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v32i1.395
Section
Oorspronklike Navorsing