Lewenswetenskappe-onderwys in die een-en-twintigste eeu: �n Paradigmaskuif

  • Marie Louise Botha
Keywords: Lewenswetenskap, onderwysersopleiding, onderwyser-gesentreer, leerder-gesentreerd, paradigm skuif, kreatiwiteit, 21ste eeu

Abstract

Die ontwikkeling van �n gehalte onderwyskorps is �n �prim�re voorwaarde vir opvoedkundige transformasie� (Nasionale Onderwysbeleidondersoek [NEPI] 1993:235). Die gehalte van leer word beduidend be�nvloed deur die gehalte van onderwysers en hulle onderrig (McGrath 2008). Die gehalte van leer kan dus gekoppel word aan uitnemendheid in onderrig wat deur nuwe, kreatiewe denke bereik kan word. Dit kan moontlik realiseer met die implementering van vernuwende vaardighede en tegnieke wat voldoen aan die kreatiewe en vernuwende beplanning van die kurrikulum (Departement van Basiese Onderwys [DBO] 2011:8). Daar word van opvoeders (lektore of onderwysers) verwag om �n stimulerende en ondersteunende leer- en onderrigomgewing te skep. In die ontwikkelende w�reld van opvoeding het die fokus duidelik van �n onderwysergesentreerde klaskamerpraktyk geskuif na �n meer leerdergesentreerde benadering soos in die kurrikulum vir Lewenswetenskappe (Departement van Onderwys 2003) weerspie�l word. Die uitdaging is gevolglik dat opvoeders gekonfronteer word om Lewenswetenskappe sodanig te onderrig dat dit op sowel �n kognitiewe as �n affektiewe vlak by alle leerders in die een-en-twintigste eeu aanklank vind. Nuwe kurrikuluminisiatiewe verg dus aanpassings en veranderings in die praktyk van die opvoeder. Hierdie teoretiese studie het ten doel om verslag te lewer oor die herbesinning van Lewenswetenskappe-onderwys in die een-en-twintigste eeu in Suid-Afrika. Dit is noodsaaklik dat kennis geneem word van die behoeftes en uitdagings in kreatiewe Lewenswetenskappeonderwys en -opvoeding vir die een-en-twintigste eeu. Ho� gehalte navorsing in Biologieonderrig word as noodsaaklik beskou ten einde die beroep van �n Lewenswetenskappeonderwyser te vorm en te verbeter.

Author Biography

Marie Louise Botha
Department of Curriculum Studies
Published
2012-11-15
How to Cite
Botha, M. L. (2012). Lewenswetenskappe-onderwys in die een-en-twintigste eeu: �n Paradigmaskuif. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 31(1), 7 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v31i1.382
Section
Original Research: Social Responsibility and Education