Die ontwikkeling van wiskundige kreatiwiteit deur modelontlokkende aktiwiteite

  • Helena M. Wessels
Keywords: wiskundige kreatiwiteit, onderwysstudente, wiskundige modellering, model-ontlokkende aktiwiteite, MOA�s, oop take, lewenswerklike wiskunde probleme, reflekterende abstraksie

Abstract

Die vermo� om kreatief te dink en probleme op te los word as noodsaaklik vir ekonomiese en persoonlike sukses beskou. Die tradisionele benadering in klaskamers is nie bevorderlik vir wiskundige kreatiwiteit nie en voornemende onderwysers behoort blootgestel te word aan alternatiewe probleemoplossingsaktiwiteite waardeur wiskundige kennis, bevoegdhede en kreatiwiteit ontwikkel kan word. Navorsingstudies wys op die moontlikhede en suksesse van �n wiskundige modelleringsbenadering waarin komplekse, oop probleme gebruik word om betekenisvolle wiskundige kennis te ontwikkel en leerders voor te berei vir die alledaagse lewe sowel as vir tersi�re studie en hul beroepe. Modelontlokkende aktwiteite (MOA�s) ontwikkel nie net wiskundige kennis nie, maar ook kreatiwiteit. Vyfhonderd-en-een voornemende grondslagfase-onderwysers het verskillende modelontlokkende aktiwiteite (MOA�s) in �n longitudinale projek oor �n tydperk van twee jaar opgelos. Die doel was om hul eie wiskundige kennis te verbreed en te konsolideer, en terselfdertyd kreatiwiteit en modelleringsbevoegdhede te ontwikkel. Die uiteindelike doel is om hulle voor te berei om wiskundige modellering te gebruik om kreatiwiteit in kinders van ses tot nege jaar te bevorder. Deur die oplos van MOA�s word leerders se wiskundige kennis opgebou en gekonsolideer, en verbeter hulle hul probleemoplossingsvaardighede. �n Raamwerk met vier kriteria vir die identifisering van kreatiwiteit is gebruik om vlakke van kreatiwiteit in die oplossing van MOA�s suksesvol te evalueer. Studente se finale modelle het redelik konsekwente vlakke van kreatiwiteit volgens die vier kriteria getoon. Studente se bereidwilligheid om MOA�s op te los en met veelvuldige, oorspronklike en bruikbare � dus kreatiewe � oplossings vorendag te kom het ook toegeneem in die tydperk waarin hulle aan modelleringstake blootgestel is.

Author Biography

Helena M. Wessels
Research Unit for�Mathematics Education
Published
2012-11-29
How to Cite
Wessels, H. (2012). Die ontwikkeling van wiskundige kreatiwiteit deur modelontlokkende aktiwiteite. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 31(1), 12 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v31i1.372
Section
Original Research: Mathematics Education