Die gebruik van ondersoekgebaseerde wetenskaponderrig om studente se konseptuele begrip van gelykstroomelektrisiteit te bevorder
Keywords:
ondersoekgebaseerde wetenskaponderrig, wetenskaponderwys, sosiale konstruktivisme, onderrigeksperiment, gelykstroomelektrisiteit
Abstract
Navorsing in wetenskaponderwys het ontstaan uit die positivistiese paradigma waarin wetenskaplike kennis as onveranderlik beskou was. Hierdie artikel ondersoek die gebruik van ondersoekgebaseerde wetenskaponderrig as ’n pedagogiese strategie om voornemende wetenskaponderwysers se konseptuele begrip van gelykstroomelektrisiteit te bevorder. Daar word voorgestel dat Vygotsky se sosiale konstruktivisme en Dewey se pragmatisme gemeenskaplike elemente het wat as ’n filosofiese raamwerk vir ondersoekgebaseerde wetenskaponderrig kan dien. ’n Voorbeeld van die transformerende veronderstellinggedrewe onderrigeksperiment as ’n ontwerpstudie in wetenskaponderwys, word uiteengesit. ’n Terugskouende ontleding word verskaf om ’n leeromgewing te ontwikkel wat tot beter konseptuele begrip van basiese gelykstroomelektrisiteit deur voornemende wetenskaponderwysers kan bydra.
Published
2017-05-26
How to Cite
Edwards, N., & le Grange, L. (2017). Die gebruik van ondersoekgebaseerde wetenskaponderrig om studente se konseptuele begrip van gelykstroomelektrisiteit te bevorder. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I>, 36(1), 10 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1427
Issue
Section
Oorspronklike Navorsing