’n Dwarssnit vergelyking van voedingkennis, -houding en eetpraktyke tussen leerders en onderwysers in laerskole in ’n hulpbronbeperkte gemeenskap in Bronkhorstspruit, Suid-Afrika

Authors: M.D. Kupolati1, U. MacIntyre1, G. Gericke1
Affiliations: 1Department of Human Nutrition, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: M. Kupolati
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Kupolati, M.D., MacIntyre, U. & Gericke, G., 2014, ‘’n Dwarssnit vergelyking van voedingkennis, -houding en eetpraktyke tussen leerders en onderwysers in laerskole in ’n hulpbronbeperkte gemeenskap in Bronkhorstspruit, Suid-Afrika’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1280, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1280
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2013.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

A cross-sectional comparison of nutrition knowledge, attitudes and dietary practices between learners and teachers in primary schools in a resource limited community in Bronkhorstspruit, South Africa. Optimal nutrition knowledge is necessary for healthy dietary behaviours to occur. Nutrition knowledge, attitudes and dietary practices (KAP) scores for learners have been variously reported in literature, however with little or no information on how the nutrition KAP status of teachers impart on learners. The study aimed to assess the nutrition KAP status of learners and of teachers in order to ascertain the impact and transfer of nutrition information from teachers to learners. The results suggest that teachers’ high nutrition knowledge and attitudes status have not been effectively impacted on learners. It also suggests a need to improve or modify methods of nutrition information delivery by teachers in a way to improve learners’ dietary behaviours.

Inhoud
Open Access

Optimale voedingkennis is nodig vir gesonde eetpraktyke, hoewel die verwantskap dikwels swak is. Bevindinge oor voedingkennis, -houdings en eetpraktyke word algemeen in die literatuur gerapporteer. Min is egter bekend oor die impak wat onderwysers se voedingkennis, -houding en eetpraktyke op leerders het.

Die doel van die studie was om die voedingkennis, -houding en eetpraktyke van leerders en onderwysers te bepaal en om vas te stel of die voedingkennis, -houding en eetpraktyke van onderwysers die eetpraktyke van kinders beïnvloed.

Gestandaardiseerde voedingkennis, -houding en eetpraktykvraelyste is met hulpverlening deur leerders (n =354) in twee ewekansig gekose skole voltooi. Onderwysers (n =74) van elf doelmatig geselekteerde skole het ook gestandaardiseerde vraelyste op hul eie voltooi. Data is by wyse van beskrywende statistiek ontleed, insluitend die t-toets, chi-kwadraat- en die Fischertoetse. Statistiese betekenisvolheid is op p≤ 0.05 gestel.

Die gemiddelde waarde vir die leerders se voedingkennis (60%) en voedinghouding (58%) was bo verwagting goed, maar nie optimaal nie. Die hoë persentasie leerders wie ’n daaglikse inname (58%) en weeklikse inname (56%) van wegneemetes gerapporteer het, is kommerwekkend; so ook die persentasie leerders (67%) wie altyd daagliks of weekliks mielieprodukte, roomys, lekkergoed, koekies en vetkoek as versnaperinge gekies het. Die onderwysers het hoë gemiddelde tellings vir voedingkennis (78%) en voedinghouding (83%) behaal. Op sekere vrae was die prestasie van die onderwysers egter swak. Die onderwysers se antwoorde op eetpraktyke was deurgaans in ooreenstemming met gesonde keuses; hoewel die antwoorde tog baie verskil het.

Die bevindinge dui daarop dat die onderwysers se hoë vlak van voedingkennis en -houding nie betekenisvol die leerders se voedingkennis, -houding en eetpraktyke beïnvloed nie. Die bevindinge dui ook op ’n nodigheid om die maniere van voedingonderrig deur die onderwysers sodanig te wysig dat dit ’n positiewe verandering in eetpraktyke by die kinders kan bewerkstellig.