Antitumor sein van ’n mikrotubule inhibeerder in menslike epiteel servikale karsinoom
Authors: L.S. Boyd1, D. Gozuacik2, A.M. Joubert1
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria, South Africa, 2Department of Molecular Biology, Genetics and Bioengineering, Sabanci University, Turkey
Correspondence to: L. Boyd
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract:
Boyd, L.S., Gozuacik, D. & Joubert, A.M., 2014, ‘Antitumor sein van ’n mikrotubule inhibeerder in menslike epiteel servikale karsinoom’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1279, 1 page.
http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1279
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2013.
Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the
Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution,
and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
Antitumor signalling of a novel microtubule inhibitor in human epithelial cervical carcinoma. A novel, sulphamoylated compound: 2-ethyl-3-O-sulphamoyl-estra-1,3,5(10)16-tetraene (ESE-16), was in silico-designed and synthesised to be tested for its potential as anti-cancer agent. ESE-16 showed inhibition of cell proliferation, microtubule distruption, hallmarks of apoptosis and increased production in ROS. Data from this study warrants further in vitro investigations into the exact action mechanism of this compound
Servikale kanker is een van die wêreld se mees algemene vroulike kankers en die feit dat byna 80% – 85% van die internasionale gevalle in minder ontwikkelde lande voorkom, dui aan dat servikale kanker ’n groot probleem in hierdie lande is. Meerderheid van die nuwe chemoterapeutiese middels streef daarna om op die selsiklus te fokus, die kankerselle in mitose te blok, hiperproliferasie te inhibeer en uiteindelik geprogrammeerde seldood te veroorsaak. 2-Metoksiëstradiol (2ME), ’n endogene ëstradiol metaboliet, toon antiproliferatiewe en antitumor effekte op verskeie kankers, en ondergaan tans fase II kliniese toetse. Ten spyte van hierdie belowende eienskappe het die middel beperkings naamlik lae orale biobeskikbaarheid en ’n kort halfleeftyd as gevolg van te vinnige ensimatiese inaktivering in vivo. In die lig hiervan is ’n nuwe sulphamoylated analoog van 2ME, naamlik 2-etiel-3-O-sulfamoïel-estra-1,3,5(10)16-tetraeen (ESE-16), in silico-ontwerp en deur ’n farmaseutiese maatskappy gesintetiseer, om ondersoek te word vir anti-kanker potensiaal.Hierdie in vitro studie het die invloed van die 2ME analoog (ESE-16) op selproliferasie, selmorfologie en die produksie van reaktiewe suurstof spesies (ROS) in Hela selle, ’n menslike epiteel servikale karsinoom, deur middel van die xCELLigence RTCA DP® System, lig-, fluoressensie-, konfokaal en elektron mikroskopie, sowel as vloeisitometrie ondersoek. Resultate wat verkry is uit selproliferasie studies met behulp van die xCELLigence stelsel het getoon dat ESE-16 ’n inhiberende effek op Hela selle het 24 h na blootstelling. Deur middel van die RTCA sagteware is die konsentrasie waar 50% selgroei geïnhibeer (IC50) word bereken as 0.2μM. Hierdie konsentrasie en blootstellingsvlakke is geïmplementeer in alle daaropvolgende eksperimente. ’n Afname in seldigtheid, hipergekondenseerde chromatien, verhoogde hoeveelheid selle in metafase blok, sowel as kenmerke van apoptose is waargeneem na ESE-16 blootstelling. Konfokale mikroskopie het getoon dat ESE-16 ’n mikrotubule ontwrigter is. Vloeisitometrie het getoon dat ESE-16 ’n toename in apoptiese selle (sub-G1) en selle in die G2/M fase van die selsiklus veroorsaak. ’n Verskuiwing in die fluoressensie van ROS produksie na 24 h is ook waargeneem. Dit dui daarop dat ROS optree as sein molekuul om ’n spesifieke pad van seldood te induseer. Die presiese rol en proses kan nog nie opgeklaar word nie. Data uit hierdie studie het aan getoon dat ESE-16 potensieel gebruik kan word as ’n antiproliferatiewe agent, maar toekomstige in vitro ondersoeke in die presiese meganisme van hierdie verbinding word benodig.
|