Geassisteerde Reproduktiewe Tegnologie in Suid-Afrika: Die prys om te betaal

Authors: C. Huyser1, L. Boyd1
Affiliations: 1Department of Obstetrics and Gynaecology, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: C. Huyser
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Huyser, C. & Boyd, L., 2014, ‘Geassisteerde Reproduktiewe Tegnologie in Suid-Afrika: Die prys om te betaal’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1258, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1258
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

Assisted Reproduction Technology procedures in South Africa: The price to pay. Access to and the use of Assisted Reproduction Technology (ART) is viewed in general as excessively expensive, accessible only to the privileged few. A dissection of cost-drivers within an ART laboratory is discussed in the current overview. ART providers should reflect on the validity of the techniques and equipment, without compromising treatment virtue.

Inhoud
Open Access

In ontwikkelende lande, veral die in Sub-Sahara-Afrika, is menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV) infeksie tesame met beperkte finansiële vermoë, obstruksies tot die ervaring van ouerskap. Hoewel die Suid-Afrikaanse Handves van Menseregte bepaal dat Suid-Afrikaners vryheid het om besluite te neem oor voortplanting, word die toegang tot en die gebruik van Geassisteerde Reproduktiewe Tegnologie (ART) beskou as buitensporig duur, en slegs toeganklik vir bevoorregte persone. ’n Evalueering van koste-drywers binne ’n ART laboratorium; soos prosedures, laboratorium voorrade insluitende embrio kultuur media en kriopreserveering word bespreek in die huidige oorsig.

Op grond van die tipe ART praktyk, dit is, private of openbare of tersiêre struktuur, sal die demografie van pasiënte, koste en dienste wat aangebied word, wissel. Die gemiddelde koste per prosedure vir 20-praktyke in die private sektor in Suid-Afrika is tans: (1) IUI (intra-uteriene inseminasie): R6444 ± R1891, (2) IVB (in vitro bevrugting): R38 702 ± R6849 en (3) ISSI (intra-sitoplasmiese sperm inspuiting): R39 261 ± R 7431. Laer koste ART dienste is wel beskikbaar vir Suid Afrikaners by ’n paar publieke tersiêre akademiese eenhede. ART prosedures hoef nie bestuur te word deur ’n ‘moet-hê en kannie-doen’ benadering nie. ART diensverskaffers behoort te besin oor die geldigheid van tegnieke en keuses van toerusting, sonder om behandelingskwaliteit of etiek te skaad.