Energiestelsel bydrae en koppeling aan prestasie tydens ’n 2000 m roei ergometrie tydtoets in Suid-Afrikaanse roeiers
Authors: J.R. Clark1, P.J. Du Toit1, E. Kruger2
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria, South Africa, 2Department of Sprot Research, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: J. Clark
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Kruger, E., 2014, ‘Energiestelsel bydrae en koppeling aan prestasie tydens ’n 2000 m roei ergometrie tydtoets in Suid-Afrikaanse roeiers’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1274, 1 page.
http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1274
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2012.
Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the
Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution,
and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
Energy system contribution and correlates to performance in a 2000 m rowing ergometry time trial in South African rowers. Exercise physiologists and coaches frequently base training objectives on physical and physiological demands of sports, including relative contributions of energy supply mechanisms during the activity. Oxidative and non-oxidative metabolic contributions to 2000 m rowing ergometry have been studied previously in rowers of various abilities and using different methods, but never on a group of elite athletes. The results of this study have practical implications for athlete profiling, sport classification and time trial performance interpretation.
Oefeningsfisioloë en afrigters baseer gereeld hul oefenings doelwitte op die fisiese en fisiologiese vereistes van ’n sport, insluitend die relatiewe bydrae van energievoorsiening meganismes tydens die aktiwiteit. Oksidatiewe en nie-oksidatiewe metaboliese bydraes tot 2000-m roei ergometrie is al voorheen in roeiers van verskeie vermoëns gemeet deur die gebruik van verskillende metodes, maar nooit op ’n groep elite-atlete nie. Die doel van hierdie studie was om die relatiewe energiestelsel bydrae tot ’n voluit 2000 m roei ergometer tydtoets poging in nasionale vlak roeiers te kwantifiseer en om vas te stel watter faktore die naaste verwant hou met prestasie in hierdie poging. Vyf-en-twintig manlike roeiers met ’n ouderdom van (gemiddeld ± SD) 25.6 ± 5.2 jaar van die Suid-Afrikaanse nasionale roeispan het vrywillig deelgeneem aan die studie. Die suurstof tekort tegniek is gebruik in samewerking met respiratoriese gas ontleding om die mate van oksidatiewe en nie-oksidatiewe energievoorsiening te kwantifiseer. Beskrywende statistiek het bydraes van 82.2% ± 6.8% oksidatiewe en 17.8% ± 6.8% nie-oksidatiewe energie toevoer tot ’n voluit 2000 m ergometer roei poging onthul. Pearson-korrelasiekoëffisiënte het aan die lig gebring dat die 2000 m prestasie tyd die mees verband hou met piek suurstof opname tydens die tydtoets (r = -0.92, p < 0.001), sowel as atleet liggaamsmassa (r = -0.86, p = 0.003), liggaamslengte (r = -0.90, p < 0.001) en maksimale suurstofopname (r = -0.90, p < 0.001). Piek bloed laktaat konsentrasie na die tydtoets het nie beduidend verband gehou met indekse van nie-oksidatiewe energievoorsiening nie. Hierdie resultate het praktiese implikasies vir atleet profiele, sport klassifikasie en tydtoets prestasie interpretasie.
|