Bepaling van in vitro hepatotoksisiteit van twee plante van die Apocynaceae familie

Authors: W. Cordier1, V. Steenkamp1
Affiliations: 1Department of Pharmacology, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: W. Cordier
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Cordier, W. & Steenkamp, V., 2014, ‘Bepaling van in vitro hepatotoksisiteit van twee plante van die Apocynaceae familie’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1257, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1257
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

Determination of in vitro hepatotoxicity of two plants of the Apocynaceae family. Although toxicity has been ascribed to Acokanthera oppositifolia and Tabernaemontana elegans, no data exists concerning its potential hepatotoxic effects. Using a multi-parametric assay it was observed that hot water and methanol extracts of A. oppositifolia and T. elegans decreased cell viability, destabilized the mitochondrial membrane and induced strong apoptotic signals.

Inhoud
Open Access

Plant-geïnduseerde hepatotoksisiteit word wêreldwyd aangemeld, maar toksikologiese inligting vir Afrika-plante skaars. Die meerderheid van hepatotoksisiteit gevalle word slegs eers aan gemeld wanneer erge skade plaasgevind het. Die familie van Apocynaceae is bekend dat dit giftige fitochemikalieë bevat, insluitend kragtige hartglikosiede en alkaloïede. Die bas van Acokanthera oppositifolia en wortels van Tabernaemontana elegans word gebruik om verskeie kwale te behandel, maar literatuur is skaars oor hul hepatotoksiese effekte. Die doel van die studie was om die hepatotoksiese parameters van A. oppositifolia en T. elegans te bepaal met behulp van ’n multi-parametriese model van hepatotoksisiteit.

Warm water ekstrakte was voorberei deur om plantmateriaal in kokende gedistileerde water (10% m/v) vir 15 min te roer. Metanol ekstrakte was voorberei deur om plantmateriaal in metanol (10% m/v) vir 16 h te week by 4 °C na sonikasie en roering. Hepatotoksiese parameters was beoordeel na 72 h blootstelling aan ekstrake in die HepG2 sellyn deur die bepaling van sellewensvatbaarheid (sulforhodamien B), intrasellulêre reaktiewe suurstof spesies (ROS; diklorodihidrofluorosien diasetaat), intrasellulêre gereduseerde glutatioen (GSH; monoklorobimaan), mitochondriale membraan potensiaal (MMP; JC-1 verhouding), vetsuur opeenhoping (nylrooi) en apoptose (kaspase-3).

Beide ekstrakte van A. oppositifolia het seldood veroorsaak met IC50s van 24.26 μg/mL en 26.16 µg/mL, onderskeidelik. ROS- en GSH-vlakke, sowel as MMP, het af geneem na A. oppositifolia blootstelling, terwyl die vetsuur-opeenhoping en apoptose konsentrasie-afhanklik vermeerder het. Terwyl die warm water ekstrak van T. elegans min sitotoksisiteit besit het, het die metanol ekstrak sterk sitotoksisiteit getoon (IC50 = 3.07 µg/mL). Die warm water ekstrak se ROS konsentrasie het afgeneem, terwyl die metanol ekstrak gelei het na ROS generasie. Beide ekstrakte het gelei na verhoogde GSH konsentrasies by 100 µg/mL (warm water = 45%; metanol = 355%), ’n afname in MMP, en ’n verhoogde vetsuur-opeenhoping en kaspase-3 aktiwiteit. Afgesien van die warm water uittreksel van

T. elegans het alle ekstrakte hepatotoksisiteit getoon. Beide plante bevat bekende alkaloïede en hartglikosiede wat verantwoordelik kan wees vir die vergiftiging wat gesien was.

Alhoewel induksie van apoptotiese seldood en steatotiese veranderinge moontlik die toksisiteit kan verduidelik, is verdere ondersoek nodig om die meganisme van toksisiteit te bepaal.