2-Etiel-3-O-sulfamoïel-estra-1,3,5(10)16-tetraeen veroorsaak seldood deur die intrinsieke pad van apoptose
Authors: E. Wolmarans1, K.H. Sippel2, R. McKenna3, A.M. Joubert1
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria, South Africa, 2Baylor College of Medicine, United States, 3Department of Pharmacology and Therapeutics, University of Florida, United States
Correspondence to: E. Wolmarans
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Wolmarans, E., Sippel, K.H., McKenna, R. & Joubert, A.M., 2014, ‘2-Etiel-3-O-sulfamoïel-estra-1,3,5(10)16-tetraeen veroorsaak seldood deur die intrinsieke pad van apoptose’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1250, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1250
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2012.
Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the
Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution,
and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
2-Ethyl-3-O-sulfamoïel-estra-1,3,5(10)16-tetraene causes cell death via the intrinsic pathway of apoptosis. 2-Ethyl-3-O-sulfamoïel-estra-1,3,5(10)16-tetraene (ESE-16), was tested in vitro on the esophageal carcinoma SNO cell line. Results showed induction of apoptosis via the intrinsic apoptotic pathway contributing toward the understanding of its action mechanism, providing cellular targets for in vivo investigation.
Esofagus Kanker (EK) kom wêreldwyd as die 8ste mees algemene kanker voor met die hoogste voorkoms syfer in China, Iran en Suid-Afrika. Weens die hoë sterftesyfer word dit ook as die 6de hoogste mortaliteitskanker geklassifiseer. In hierdie studie word die in vitro effek van 2-etiel-3-O-sulfamoïel-estra-1,3,5(10)16-tetraeen (ESE-16), ’n unieke 17-beta-estradiool analoog, op die esofagus karsinoom SNO sellyn beoordeel. Die molekuul is spesifiek ontwerp om te bind aan kanker-geassosieerde koolsuuranhidrase IX (KAIX) en voorlopige studies het getoon dat ESE-16 ’n antimitotiese molekuul is. Die moontlike induksie van seldood deur die intrinsieke apoptotiese pad in SNO selle is bestudeer met die hulp van ligmikroskopie, elektronmikroskopie, konfokale mikroskopie, vloeisitomotrie en spektrofotomotrie. Polarisasie-optiese differentiële immenging kontras (PlasDIC), hematoksilien-eosienkleuring (H&E) en transmissie elektron mikroskopie (TEM) is gebruik om morfologiese veranderings in SNO selle te bestudeer. Resultate het ’n afname in seldigtheid, metafase blok en die voorkoms van apoptotiese liggaampies in die ESE-16 behandelde selle getoon. Konfokale mikroskopie is gebruik om die mikrotubule argitektuur van die selle te bestudeer en het abnornale mikrotubule spindel formasie in die ESE-16-behandelde selle getoon. Vloeisitometrie is gebruik om die mitokondriale membraan tesame met reaktiewe suurstof spesie (RSS) vorming in ESE-16-behandelde selle te bestudeer. Resultate het die afbreek van die mitokondriale membraan en toename in RSS formasie aangedui. Spektrofotometrie is gebruik om die NAD+/NADH en NADP+/NADPH verhoudings en kaspase aktiwiteit te bestudeer. Resultate het ’n verhoogte verhouding in NAD+/NADH en NADP+/NADPH en verhoogte aktiwiteit in kaspase drie en nege ensieme in die ESE-16-behandelde selle gewys. Hierdie studie toon dat ESE-16 blootgestelde selle seldood ondergang deur die intrinsieke apoptotiese pad. Dit dra by tot die begrip van hierdie molekuul se aksie meganismes wat gevolglik sellulêre teikens vir ’n in vivo ondersoek kan voorsien.
|