Dubbelsinnige websoekstringe: ’n Vergelyking van soekenjins en gebruikersinteraksies

Authors: Wynand Nel1 , Lizette de Wet1
Affiliations: 1Department of Computer Science and Informatics, University of the Free State, South Africa
Correspondence to: Wynand Nel
Postal address: PO Box 339, Bloemfontein 9300, South Africa
How to cite this abstract: Nel, W. & De Wet, L., 2014, ‘Dubbelsinnige websoekstringe: ’n Vergelyking van soekenjins en gebruikersinteraksies’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1021, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1021
Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 27 and 28 October 2012, North- West University, South Africa. Organising committee: Mr Rudi W. Pretorius (Department of Geography, University of South Africa), Dr Ettienne Snyders (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]) and Dr Cornie G.C.E. van Sittert (School of Physical and Chemical Sciences, North- West University).

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Ambiguous websearch queries: A comparison of search engines and user interactions. This study will compare three search engines (Google, Yahoo! and Bing) in respect of how they handle ambiguous search queries. The goal is to determine in which manner users are assisted in finding the correct information faster when an ambiguous search query is supplied to the search engine.

Inhoud
Die Wêreldwye Web (WWW) bestaan uit triljoene webblaaie en groei daagliks met biljoene bladsye soos meer mense inligting by die Web voeg (Alpert & Hajaj 2008). Google se grootte-indeks, wat slegs die unieke ‘Uniform Resource Locators (URLs)’ tel, het alreeds in 2008 1 triljoen bereik (Alpert & Hajaj 2008).

As ’n gebruiker spesifieke inligting wil opspoor, moet hy of sy weet wat die WWW-adres vir die inligting is. ’n Probleem ontstaan, omdat daardie adres nie altyd voor die tyd beskikbaar is nie. Die gebruik van soekenjins om inligting te soek, is dus noodsaaklik (Goodman & Cramer 2010).

Die soekenjin kan duisende resultate opspoor, na gelang van die soekstring wat die persoon gebruik. Die persoon moet dan deur al hierdie resultate werk om die korrekte inligting te verkry. Navorsing deur Teevan, Dumais en Horvitz (2007) bewys dat mense van kort soekstringe gebruik maak wanneer hulle ’n soekenjin gebruik. Dit kan dubbelsinigheid veroorsaak en die soekenjin spoor dan meer resultate op, aangesien die soekenjin nie presies kan bepaal waarna die persoon op soek is nie. Dit veroorsaak op sy beurt weer frustrasie by die gebruiker.

Hierdie studie beoog om drie soekenjins (Google, Yahoo! en Bing) met mekaar te vergelyk ten opsigte van die wyse waarop hulle dubbelsinnige soekstringe hanteer. Die oogmerk is om te bepaal in watter mate die soekenjin die gebruikers help om die regte inligting vinniger te verkry wanneer ’n dubbelsinnige soekstring verskaf word.

Die dataversameling geskied in twee fases. Fase een maak gebruik van ’n Windows-toepassing wat eerstens van die gebruiker verwag om ’n paar demografiese, WWW- en soekenjin-vrae te beantwoord. Vervolgens word ’n skerm vertoon met ’n soekenjin bo en ’n vraag onder. Wanneer hierdie bladsy oopmaak, het die soekenjin alreeds die eerste soektog uitgevoer met ’n dubbelsinnige soekstring wat verskaf is. Die soekstring hou verband met die vraag wat onder op die skerm vertoon word. Die gebruiker gaan dan voort met die soektog na die antwoord op die vraag. Tydens hierdie soektog word inligting ten opsigte van die hantering van dubbelsinnige soekstringe vasgevang. Aan die einde van vyf soektogte word elke persoon gevra om terugvoer te gee met betrekking tot sy soekervaring.

In die volgende fase voer gebruikers een-een op die oogvolgapparaat (eye-tracker) dieselfde soektog uit, soos hierbo verduidelik. Die doel is hier om te bepaal of die gebruiker die hulp wat die soekenjin verskaf, raaksien of nie. Elke persoon dra ook die EPOC neuro-kopstuk gedurende die soektog. Hierdie kopstuk kan die elektriese seine van die brein optel en terugvoer gee oor die persoon se gedagtes, gevoelens en uitdrukkings (Emotiv 2010).

Die resultate van fase 1 en 2 word dan verwerk om te bepaal of die gebruikers die hulp van die soekenjin raaksien en daarvan gebruik maak. Die gebruikers se emosies (opgewondenheid, frustrasies, ens.) word ook ontleed. Aanbevelings kan dan gemaak word ten opsigte van die betrokke soekenjin wat beter werk ten einde die probleem van dubbelsinnige soekstringe op te los.

Literatuurverwysings
Alpert, J. & Hajaj, N., 2008, ‘We knew the web was big…The Official Google Blog, viewed 02 March 2011, from http://googleblog.blogspot.com/2008/07/we-knew-web-was-big.html

Emotiv 2010, EPOC neuroheadset, viewed 03 May 2011, from http://www.emotiv.com/store/hardware/epoc-bci/epoc-neuroheadset