Histologie as ’n biomerker om die effek van besoedeling op twee visspesies in die Hartbeespoortdam te bestudeer: Voorlopige resultate

Authors: N.N. Sikhakhane1; J.C. van Dyk1; G.M. Pieterse1
Affiliations: 1Department of Zoology, University of Johannesburg, South Africa
Correspondence to: N.N. Sikhakhane
Postal address: PO Box 524, Aucklandpark 2006, Johannesburg, South Africa
How to cite this abstract: Sikhakhane, N.N., Van Dyk, J.C. & Pieterse, G.M., 2013, ‘Histologie as ’n biomerker om die effek van besoedeling op twee visspesies in die Hartbeespoortdam te bestudeer: Voorlopige resultate’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #848, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.848
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Histology as a biomarker to determine the effect of pollution on two fish species from the Hartebeespoort Dam: Prelimanary results. The aim of the study was to determine the type and severity of histological alterations in selected target organs of Clarias gariepinus and Cyprinus carpio. The results of this study indicate that there are macroscopic and histological alterations in the target organs of both the selected species from the Hartebeespoort Dam.

Inhoud
Daar bestaan groot kommer oor die omvang van besoedeling in akwatiese ekosisteme in Suid-Afrika. Die toename in die gebruik van gifstowwe soos pestisiede asook die onbehandelde afvalwater wat in natuurlike watersisteme gestort word, kan vispopulasies en akwatiese lewe nadelig beïnvloed. Die Hartebeespoortdam in die Noordwes Provinsie, Suid-Afrika, is hoofsaaklik besoedeld as gevolg van mynbou, industriële en landbou aktiwiteite en die gesondheidstatus van vis in hierdie dam wek kommer, veral omdat vis uit hierdie dam as ’n voedselbron deur mense van die omliggende gemeenskap gebruik word. Daarom is daar ’n behoefte om die gesondheidstatus van die vis in hierdie dam te bestudeer. Vir dié doel is die skerptandbaber, Clarias gariepinus en die karp, Cyprinus carpio as toets-organismes gekies. Die doel van die studie was om die aard en omvang van die histologiese veranderinge in teiken-organe van C. gariepinus en C. carpio in die Hartbeespoortdam te bestudeer. Fisiese waterkwaliteit parameters is gemeet. Twintig visse van elke spesie is versamel deur van kieunette gebruik te maak. Die vis is makroskopies ondersoek, geweeg en lengtes is bepaal vir die berekening van die kondisiefaktor (KF). Bloedmonsters is versamel vir die bepaling van die hematokrit, leukokrit en totale plasmaprotein vlakke. ’n Nekropsie is gedoen om enige makroskopiese abnormaliteite van teikenorgane te identifiseer. Die lewers en gonades is geweeg vir die bepaling van onderskeidelik die lewer- en gonadosomatiese indekse. Lewer, kieu en nierweefsel is in 10% neutraal-gebufferde formalien gefikseer vir 48 h en die gonades is in Bouins se vloeistof vir 24 h gefikseer. Die weefelmonsters is geprosesseer deur standaard histologiese tegnieke te gebruik en sneë is gekleur met Hematoksilien en Eosien (H&E) vir ligmikroskopiese analise. Beide makroskopiese- en histologiese veranderinge is waargeneem. Die histologiese veranderinge wat waargeneem is sluit in, aneurismes en chloriedselproliferasie in die kieue, nekrose en hepatosiete met vakuole, intrasellulêre depositos en die teenwoordigheid van melano-makrofaagsentrums (MMSs) in die lewers, en eosinofiliese sitoplasma, hialien druppel degenerasie en MMSs in die niere. Die gevolgtrekking van die voorlopige resultate van die studie dui aan dat daar makroskopiese en histologiese veranderinge in die teiken-organe van beide die spesies in die Hartebeespoortdam voorkom.