Ex situ monitoring van Frithia humilis Burgoyne: ’n Kontrolo studio vir ’n translokasie projek

Authors: T. Orlekowsky1; J. Viviers1; E. Kruger1; S.J. Siebert1
Affiliations: 1School of Environmental Sciences and Development: A.P. Goossens Herbarium, North-West University, South Africa
Correspondence to: T. Orlekowsky
Postal address: Private Bag X6001, Noordbrug 2520, South Africa
How to cite this abstract: Orlekowsky, T., Viviers, J., Kruger, E. & Siebert, S.J., 2013, ‘Ex situ monitoring van Frithia humilis Burgoyne: ’n Kontrolo studio vir ’n translokasie projek’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #845, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.845
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Ex situ monitoring of Frithia humilis Burgoyne: A control study for a translocation project. Frithia humilis was listed on the South Africa Red Data List as endangered in 2009. This is due to pressures exerted on its limited habitat by mining activities and climate change. Only nine localities still exist and are associated with felsite and underlying coal deposits. When the locality of a sub-population of 4000 plants became threatened by coal mining activities, the plants were translocated to suitable habitats. Approximately 1000 plants were distributed to botanical gardens for ex situ conservation purposes, which included the garden of the North-West University. The purpose of the monitoring project was to determine and compare the survival rate of ex situ material with that of in situ populations. Thus far it has been established that ex situ populations are more stable, although the in situ population numbers show better fecundity.

Inhoud
Frithia humilis word op die 2009 Rooidatalys vir plante aangedui as endangered [bedreig]. Hierdie assessering is gegrond op die druk wat mynbou-aktiwiteite en klimaatsverandering uitoefen op hierdie endemiese spesie se beperkte habitat. Slegs nege lokaliteite, vanaf Bronkhortstspruit in Gauteng tot in Middelburg, Mpumalanga, bestaan nog. Dit is geassosieer met felsiet sandsteen en onderliggende steenkool neerleggings. Weens laasgenoemde se ekonomiese belang was een van hierdie lokaliteite in 2009 onwetend ge-oogmerk vir mynbou en is die sub-populasie van 4000 individue getranslokeer na ’n ander geskikte habitat. ’n In situ projek is tans verantwoordelik vir die monitering van hierdie plante. Ongeveer 1000 plante is na verskeie botaniese tuine in Suid-Afrika uitgeplaas as ’n addisionele bewarings maatstaf. Die doel van die ex situ monitering van Frithia humilis in ’n glashuis by die Noordwes-Universiteit se botaniese tuine is om meer oor die post-translokasie oorlewingssukses van die plante te wete te kom en om sodoende te bepaal of die getranslokeerde in situ bevolking beter of slegter daaraan toe is. Om die oorlewingssukses van die plante ex situ te bepaal, is daar vir ses maande gereeld tellings gedoen van die aantal lewende en dooie plante, die aantal lewende en dooie blare, blomme en vrugte per plant. Voorlopige resultate toon dat die ex situ bevolkingsgetalle meer stabiel is as dié van die in situ bevolking, maar laasgenoemde se plante toon beter voortplantingsukses as die ex situ plante.