Die gebruik van ’n weefselkultuurlyn vir die bepaling van estrogeen-aktiewe stowwe in munisipale water van Potchefstroom in die Noordwes provinsie

Authors: A. van Gessellen1; R. Pieters1
Affiliations: 1School of Environmental Sciences and Management, North-West University, South Africa
Correspondence to: A. van Gessellen
Postal address: Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa
How to cite this abstract: Van Gessellen, A. & Pieters, R., 2013, ‘Die gebruik van ’n weefselkultuurlyn vir die bepaling van estrogeen-aktiewe stowwe in munisipale water van Potchefstroom in die Noordwes provinsie’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #826, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.826
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
The use of a tissue culture line to determine the estrogen-active substances in municipal water of Potchefstroom in the North West Province. Substances called hormone disruptors are released in fresh water systems by industrial and agricultural run-off as well as unprocessed sewage. These substances influence the reproductive, immune and nervous systems of humans, as well as the thyroid function. The present study focuses on the incidence of estrogen-active substances in the aquatic environment and the ability of sewage works to purify water from these substances.

Inhoud
Water is een van die belangrikste natuurlike hulpbronne wat nodig is vir lewe. Daar is verbindings wat in die omgewing, ook in water, voorkom wat as hormoonontwrigters (HO) bekend staan. Hierdie verbindings word in varswaterstelsels deur die afloop van landerye, industriële afloop sowel as onverwerkte rioolwater, vrygestel. HO beïnvloed die voortplantingstelsels, immuunstelsels, skildklierfunksie sowel as die neurale ontwikkeling van mense. ’n Wye verskeidenheid chemiese stowwe het die vermoë om as HO, spesifiek estrogeen-aktiewe stowwe (EAS), op te tree. Een groep verbindings is die natuurlike en sintetiese hormone (bv. 17β-estradiol (E2) en 17α-etinielestradiol in geboortebeperkingsmedikasie). Chemiese verbindings soos bisfenol-A, wat koeldrank blikkies uitvoer, en nonielfenol wat in huishoudelike skoonmaakmiddels voorkom, is ook EAS. Verskeie Suid-Afrikaanse studies het HO-aktiwteit in die omgewing gemeet. Daar is tans geen minimum standaarde vir EAS in Suid-Afrika se varswaterbronne nie, wel ’n voorgestelde maksimum verwysingswaarde van 0.7 ng/L. Die fokus van hierdie studie was om vas te stel of estrogeen-aktiewe stowwe in die akwatiese omgewing voorkom en of drinkwater- en watersuiweringsaanlegte hierdie stowwe kan verwyder. Twee drinkwateraanlegte met verskilende suiweringstegnologieë is met mekaar vergelyk: een met ’n geaktiveerde koolstoffilter en een daarsonder. Een rioolsuiweringsaanleg is ook getoets vir effektiewe rehabilitasie van riool voordat dit in die omgewing vrygestel is. Die teenwoordigheid van die EAS is op twee maniere bepaal: die E2-konsentrasie in die water is deur middel van geoutomatiseerde ensiem-gekoppelde immuunresponstoets [ELISA] gemeet en die konsentrasie van alle EAS is deur middel van ’n in vitro-siffingstoets gedoen. Die siftingstoets maak gebruik van geneties gemanipuleerde borskankerselle wat die estrogeenreseptor in die sitoplasma het. Lig word deur die toets vrygestel in reaksie op EAS. Die hoeveelheid lig is direk eweredig aan die mengsel van EAS in die watermonster. Die reaksie wat die watermonsters by die selle uitgelok het, is uitgedruk in terme van die reaksie wat ’n bekende konsentrasie E2 sou uitlok. Dit staan as E2-ekwivalente (E2-ek) bekend. Die twee tegnieke se resultate is met mekaar vergelyk. Al die watermonsters het E2-konsentrasies gehad wat die verwysingswaarde van 0.7 ng/L oorskry het. Die E2-konsentrasies het tussen 25 en 15 ng/L EAS gevarieer. Die E2-ek (dus, die siftingstoets se data) kon slegs vir 4 monsters bereken word. Die E2-ek50 waardes wat gemeet is, is tussen 0.4 x 10-3 en 7.01 x 10-5 ngE-ek/L. Die siftingstoets het laer waardes as die ELISA gehad omdat die siftingstoets die sinergisties werking van ale moontlike EAS in a neem, terwyl die ELISA alleen E2 meet. Daar is geen statisties betekenisvolle verskille tussen die data van die twee watersuiweringsaanlegte nie. Daar was wel ’n ooreenkoms tussen die twee meettegnieke: beide die tegnieke het dieselfde tendense vertoon en kon aandui dat die koolstoffilter by die een watersuiweringsaanleg nie effektief was op die stadium toe die monsters geneem is nie. Met of sonder die geaktiveerde koolstoffilter, was die vermoë van die watersuiweringsaanlegte om EAS te verwyder, soortgelyk aan mekaar. Die siftingstoets het ’n vergelykbare tendens as die ELISA resultate getoon.