Voorkoming van infeksies in ’n ge-assisteerde reproduktiewe laboratorium in ’n ontwikkelende land
Authors: C. Huyser1; J.M. Fourie1
Affiliations: 1Department of Obstetrics and Gynaecology, University of Pretoria, Steve Biko Academic Hospital, Pretoria, South Africa
Correspondence to: C. Huyser
Postal address: Steve Biko Academic Hospital, Private Bag X169, Pretoria 0001, South Africa
How to cite this abstract:
Huyser, C. & Fourie, J.M., 2013, ‘Voorkoming van infeksies in ’n ge-assisteerde reproduktiewe laboratorium in ’n ontwikkelende land’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #798, 1 page.
http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.798
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.
Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the
Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution,
and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
Referaatopsommings
|
Open Access
|
Abstract
Prevention of infections in an assisted reproduction laboratory in a developing country. The aim of the current paper is to discuss prevention of infections in a public sector laboratory-orientated assisted reproduction treatment setting. Alternative viewpoints on resource management, semen decontamination for the human immunodeficiency virus type-1 (HIV-1) seropositive male and the subsequent choice of ART procedures, are addressed.
Inhoud
Die reproduktiewe gesondheidsprofiel, bekostigbaarheid en toegang tot gesondheidsdienste en hulpbronne sal die reproduktiewe welsyn van ’n persoon beïnvloed. Die doel van die huidige referaat is om ’n oorsig te lewer oor die voorkoming van infeksies in ge-assisteerde reproduktiewe behandelingsprogram (ARP) as deel van die publieke gesondheidsektor. Die reproduktiewe profiel met verwysing na die sifting vir seksuele oordraagbare infeksies, en bekostigbaarheid van sorg sal ook die tipe sifting en ARP skedulering bepaal. Alternatiewe uitgangspunte oor (1) hulpbron benutting van ’n ARP eenheid, (2) semen dekontaminasie vir menslike immuniteitsgebrek sindroom (MIV-1) seropositiewe mans en (3) daarop volgende keuse van ARP prosedure, skenker inseminasie, intra-uteriene inseminasies of intra-sitoplasmiese sperm inspuiting as eerste linie van behandeling, word bespreek. Ondersteuning vir veilige reproduksie van MIV-1 sero-verskillend genote word algemeen aanvaar en behoort ooreenkomstig toegepas te word in ’n toeganklike ARP program in ontwikkelende lande.
|