Plaaslike kennis oor insekplae en die bestuur daarvan deur kleinskaalse rooibosteeboere in die Sederberge, Suid-Afrika

Authors: Samantha de la Fontaine1, R.R. Malgas1
Affiliations: 1Department of Conservation Ecology and Entomology, University of Stellenbosch, South Africa
Correspondence to: Samantha de la Fontaine
Postal address: Private Bag X1, Matieland 7602, South Africa
How to cite this abstract: De la Fontaine, S. & Malgas, R.R., 2013, ‘Plaaslike kennis oor insekplae en die bestuur daarvan deur kleinskaalse rooibosteeboere in die Sederberge, Suid-Afrika’, Suid Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #408, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.408
Note: This abstract was presented at the ‘Studentesimposium in die Natuurwetenskappe 2011’, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of South Africa on 27–28 October 2011. 

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Local knowledge of insect pests and the management thereof by small-scale rooibos tea farmers in the Cederberg Mountains, South Africa. The aim of the study was to identify insect pests and traditional pest management practices associated with rooibos tea (Aspalathus linearis) cultivation based on local knowledge of small-scale producers in the Cederberg.

Inhoud
Tradisionele ekologiese kennis (TEK), wat tot voordeel van ekologiese bestuurspraktyk aangewend kan word, ontvang toenemend die aandag van natuurwetenskaplikes as ‘n moontlike wyse om hedendaagse bewaringsverwante kwessies aan te spreek. Gewoonlik word ’n wetenskaplike studie geloods, wat ’n ondersoek na voorafbestaande kennis in die wetenskapliteratuur insluit. Daar bestaan egter nie altyd voorafkennis nie, en dan word plaaslike kennis ’n waardevolle bate. Die draers van hierdie kennis is immers inwoners van die tersaaklike gebiede wat beskik oor toegang tot en inligting oor hulpbronne waarvan hulle dikwels afhanklik is, en wat self baat sou vind by die bewaring van daardie hulpbronne. Een so ’n gemeenskap wat TEK koester, is die gemeenskap van kleinskaalse rooibosteeboere in die Sederberge in Suid-Afrika. Die primêre doel van hierdie studie was om die insekplae wat verband hou met die rooibosplant, Aspalathus linearis, en die bestuur daarvan met behulp van die kennis en insigte van die kleinskaalse rooibosteeboere in die Sederbergomgewing, te ondersoek.

Die rooibosplant word gebruik om ’n kafeïenvrye drankie te produseer wat verbindings bevat wat as anti-oksidante dien. Rooibos is tot in die twintigste eeu slegs in die natuur geoes, maar word sedert die 1940s as gewas verbou. Op die oomblik word rooibos hoofsaaklik in twee kategorieë bemark, naamlik die verboude Nortier-tee, en ’n reeks van sogenaamde ‘wilde’ tee met verskeie variasies wat natuurlik voorkom. Beide produkte word tans deur kleinskaalse boere in die Suid-Bokkeveld- en Wuppertalgebiede geproduseer. Tee uit hierdie gebiede is gesertifiseer en word internasionaal versprei deur middel van spesiale markte wat die globale ‘Fairtrade’-stelsel insluit.

Data is op ses plekke in die Sederbergomgewing deur middel van individuele onderhoude en fokusgroepbesprekings ingesamel, naamlik op die dorpie Wuppertal en vyf van sy buitestasies. Die identifikasie van insekte is vergemaklik deur ’n volkleur- geïllustreerde gids, Insekte op Rooibos. Rangordes is toegewys aan insekplae wat verantwoordelik is vir die meeste verliese in die produksie van die rooibosteegewas. Elf verskillende insekplae is deur die kleinskaalse rooibosteeboere geïdentifiseer, waarvan twee spesies in twee verskillende fases van hul onderskeie lewensiklusse gelys is. Die Pragkewer (in Engels die Longicorn Beetle), Ceroplesis aethiops, is as die mees vernietigende rooibosplaaginsek geïdentifiseer. Boere wat organies boer, word weens streng sertifiseringsregulasies onder geen omstandighede toegelaat om plaagdoders te gebruik nie. Hierdie boere maak meestal gebruik van organies gesertifiseerde plaagbeheermiddels asook kostedoeltreffender metodes soos aktiewe beheer. Tradisionele plaagbestuurstrategieë het die meeste aandag in die studie geniet, en is by 49 verskillende geleenthede uit ’n totaal van 56 response oor plaagbestuurstrategieë genoem. Die landelike verbouers van die Sederbergomgewing was vir hierdie studie van kritieke belang. Inligting aangaande rooibosteeplaaginsekte is egter steeds beperk, en verdere navorsing is nodig om ’n beter begrip van die lewe, geskiedenis, swakhede en weerstand van plaaginsekte te verkry.