Impak van indringer parasiete op die biologie en bewaring van inheemse varswaterskilpaaie in Suid-Afrika en Frankryk
Authors: Leon N. Meyer1, Louis H. du Preez1,
O. Verneau2
Affiliations: 1School for Environmental Sciences and Development, Zoology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa,
2UMR 5244 CNRS-EPHE-UPVD, Biologie et écologie tropicale et Méditerranéenne, Parasitologie fonctionnelle et évolutive, Université Via Domitia, Perpignan cedex, France
Correspondence to: Leon Meyer
Postal address: PO Box 5835, Kockspark, Potchefstroom 2520, South Africa
How to cite this abstract:
Meyer, L.N., Du Preez, L.H. & Verneau, 2012, ‘Impak van indringer parasiete op die biologie en bewaring van inheemse varswaterskilpaaie in Suid-Afrika en Frankryk’, Suid-Afri kaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #325, 1 page.
http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.325
Note:
This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.
Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the
Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution,
and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
Referaatopsommings
|
Open Access
|
Abstract
Impact of invasive parasites on the biology and conservation of indigenous terrapins in South Africa and France. Invasive terrapins have been released into the environment and established natural populations. A variety of terrapins are infected with various parasites. These parasites can escape and switch hosts to infect native species.
Inhoud
As gevolg van die troeteldiermark en voedselbedryf is sommige varswaterskilpaaie wêreldwyd versprei. Onvolwasse skilpaaie is dikwels baie aantreklik en kleurvol, maar hulle is geneig om hulle helder kleure te verloor hoe ouer hulle word. Ouer skilpaaie is moeiliker om te versorg en het dikwels ‘n onaangename reuk. Gevolglik word skilpaaie in natuurlike waters vrygelaat waar hulle dan aanteel en populasies vestig as gevolg van hulle vermoë om aan te pas by ‘n wye spektrum van habitatte. Na beraming is in die periode 1988–1994, ongeveer 26 miljoen Trachemys scripta elegans individue vanuit die Verenigde State van Amerika (VSA) na ongeveer 60 lande uitgevoer. Sommige lande het intussen die invoer van die skilpaaie verban. Nietemin word daar steeds 3–4 miljoen skilpaaie jaarliks uitgevoer. Skilpaaie van die genera Chrysemys, Graptemys, Trachemys en Pseudemys wat na Frankryk uitgevoer is, het in die natuur gevestig en is tans ‘n enorme indringerprobleem. Veral Trachemys het ‘n bedreiging geword vir die inheemse spesie Emys orbicularis aangesien hulle kompeteer vir dieselfde hulpbronne en Trachemys is groter en veel meer aggressief. Dieselfde het gebeur in Suid Afrika waar Trachemys populasies naby Durban en Pretoria gevestig het. Dit verklaar moontlik die plaaslike uitsterwing van Pelusios rhodesianus in die Durban omgewing. Waterskilpaaie dien as gashere vir ‘n groot verskeidenheid interne parasiete. Die parasiete word dus saam met die skilpaaie versprei. Wanneer skilpaaie vrygelaat word en natuurlike populasies vestig, kan hulle parasiete van gashere verwissel en inheemse spesies infekteer. Evolusionêre ou parasiet verhoudings het selde negatiewe effekte op gashere, maar wanneer gasheerwisseling plaasvind en nuwe parasietiese assosiasies vorm, kan infeksies vir die gasheer nadelig wees. Die oogmerk van hierdie studie is om te bepaal tot watter mate indringende bloed en platwurm parasiete versprei het vanaf die Amerikaanse varswaterskilpaaie na die inheemse spesies in Frankryk en Suid Afrika en of hulle bedreigings vir plaaslike spesies inhou. Skilpaaie word gevang deur fuike te stel met lewer en sardientjies as aas. Die fuike word binne in riviere, damme, of ander waterliggame gestel waar skilpaaie waargeneem word en oornag gelaat. Die fuike word die volgende dag verwyder en as skilpaaie gevang is, word hulle in aparte houers met water tot ‘n diepte van 5 cm geplaas. Om parasieteiers te verwyder word die water die volgende dag deur 500 µm en 100 µm siwwe afgespoel. Die inhoud van die sif word dan in ‘n petribakkie afgespoel en onder ‘n disseksie mikroskoop ondersoek vir platwurm parasieteiers. Die eiers word versamel en in 70% ethanol gefikseer. Deur molekulêre analises bepaal ons dan die identiteit van
die betrokke parasiet.
|