’n Vergelykende histomorfologiese assessering van die testis van twee Clarias spesies van die Okavango Delta, Botswana

Authors: M.L. Mokae1, G.M. Wagenaar2, Nico J. Smit2
Affiliations: 1Centre for Aquatic Research, Department of Zoology, University of Johannesburg, South Africa, 2School for Environmental Sciences and Development, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Correspondence to: M.L. Mokae
Postal address: PO Box 524, Auckland Park 2006, South Africa
How to cite this abstract: Mokae, M.L., Wagenaar, G.M. & Smit, N.J., 2012, ‘’n Vergelykende histomorfologiese assessering van die testis van twee Clarias spesies van die Okavango Delta, Botswana’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #323, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.323
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Comparative histomorphological assessment of the testes of two Clarias species from the Okavango Delta, Botswana. The testes of two Clarias species from the Okavango Delta were assessed because of their colour differences. Three histological stains were used to enhance the cellular detail in the testes. The lobules and different cell types were detected and described and used for the determination of sexual maturity.

Inhoud
Die testis van twee Clarias species wat in die Okavango Delta voorkom, is histomorfologies geassesseer om die verskil in struktuur te beskryf, omdat die twee spesies se testiskleur verskil met die Clarias ngamensis ‘n swart testis en die Clarias gariepinus ‘n roomkleurige testis. Min navorsingsprojekte in die omgewing fokus op die normale histomorfologie van organe in visspesies. ‘n Gedetaileerde histologiese beskrywing van die normale testis van C. gariepinus is reeds gedoen op vis wat onder gekontroleerde toestande in ‘n laboratoium uitgebroei is, in water wat geen toksiese stowwe bevat nie. Dit is belangrik om die normale histomorfologie te beskryf van die testis van vis wat nie aan besoedeling blootgestel is nie. Hierdie inligting kan dan in toekomstige toksisiteitstudies as ‘n biomoniteringsmeganisme gebruik word in die histologiese en histomorfologiese assessering van die testis beide in die veld asook in die laboratorium.

In Augustus 2006 en Augustus 2007 is C. ngamensis (n = 15) en C. garipienus (n = 15) versamel in die Shakawe Pypsteel in die Okavango Delta. Die vis is in ‘n veldlaboratoium aangehou wat in ‘n akwarium wat belug is totdat die vis ondersoek kon word in die veldlaboratorium. Testis monsters is in 10% gebufferde formalien gefikseer en na die Universiteit van Johannesburg vervoer waar die weefsel verder geproseseer is deur gebruik te maak van standaard histologiese tegnieke. Ligmikroskopie is gebruik om die testikulêre morfologie en ontwikkelingstadia van die testis te beskryf. Hematoksilien en Eosien (H&E), ‘Periodic Acid Schiff’ (PAS), ‘Perl’s Prussian Blue’ en ‘n ‘Silver Stain Solution’ kleurmetodes is gebruik om die fyner sellulêre detail in die testis van die skerptand- en stomptandbaber waar te neem. Strukture in die testis soos die lobules, verskillende seltipes (spermatogonia, spermatosiete, myoid grensselle, fibroblaste, Leydig- en Sertoliselle) is waargeneem en beskryf.

Resulte uit die studie (1) vorm ‘n histomorfologiese basislyndata van vis wat in ‘n ongerepte vleiland voorkom en wat vergelyk kan word met die veranderinge wat in babers wat in besoedelde sisteme voorkom, (2) dra by tot die beperkte databasis van die normale histomorfologie van die testis van Suider-Afrikaanse varswater visspesies en (3) verbreed die akademiese kennis en vaardighede wat benodig word om die vleiland ekosisteme in Suider-Afrika te bewaar.