Paddas verander hulle lied van die lewe

Authors: Donnavan J.D. Kruger1; Louis du Preez1
Affiliations: 1School of Environmental Sciences and Development, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Correspondence to: Donnavan Kruger
Postal address: Private Bag X6001, Potchefstroom Campus, North-West University, Potchefstroom 2520, South Africa
How to cite this abstract: Kruger, D.J.D. & Du Preez, L., 2012, ‘Paddas verander hulle lied van die lewe’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #319, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.319
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Frogs change their tune. Frogs change their call pitch to adapt to the traffic noise in urban environments. Male frogs calls to attract females or to defend territories from rival males. Females of some species prefer lower-pitched calls which indicate larger, more experienced males. Acoustic interference occurs when the background noise reduces the active distance.

Inhoud
Die roep van paddas is van kardinale belang vir hulle voortbestaan. Die mannetjies roep eerstens om wyfies te lok en tweedens om hulle gebiede te beskerm van ander mededingende mannetjies. Sommige paddaspesies se wyfies is meer aangetrokke tot mannetjies met roepe van laer toonhoogte, wat dui op ‘n groter, meer ervare mannetjie. Agtergrondgeluide soos verkeergeraas veroorsaak ‘n akoestiese steuring. Dit beïnvloed die afstand waaroor ‘n paddaroep as ‘n effektiewe sein aan die wyfie kan funksioneer.

Gepubliseerde studies het getoon dat sekere paddaspesies in teenwoordigheid van verkeergeraas die toonhoogte van hul roep met tot 24% verhoog. Dit kan ‘n probleem vir die mannetjies inhou – roep hulle hoër om hoorbaar te wees, is hul dalk minder aantreklik vir wyfies, of roep hulle laer is hul dalk meer aantreklik vir minder wyfies en sleg vir wyfies wat fisies naby hom is?

In hierdie projek wil ons vasstel wat die impak van verstedeliking op die paddapopulasies in Suid-Afrika is en hoe paddas in stede aanpas en oorleef. Drie stede is geïdentifiseer vir die projek, naamlik Kaapstad, Durban en Potchefstroom. Spesies wat bedreig word deur verstedeliking is reeds geïdentifiseer. Spesies waarop gefokus gaan word sluit Pickersgill se rietpadda (Hyperolius pickersgilli) wat ‘n krities bedreigde status het, die Westelike luiperdskurwepadda (Amietophrynus pantherinus) wat bedreig is en die Mikropadda (Microbatrachella capensis) wat krities bedreig is. In Potchefstroom sal gefokus word op die Gewone rivierpadda en hoe hy verstedeliking hanteer.